—deur Gill Kretzschmar

“Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.”
– Hebreërs 6:19

Enigeen wat al kanker gehad het, weet van die emosionele wipplank waarmee dit gepaardgaan. Jy en jou geliefdes sal talle fisieke en emosionele uitdagings in die gesig staar. Dit kan ’n eensame, angswekkende en verwarrende reis wees. Ek het kanker as versorger, asook as pasiënt ervaar: eers vier jaar lank as my man se versorger en toe as die oorlewende van ’n fase 3-melanoom. Ek en my gesin het steun en krag by God en in die Christen-gemeenskap gesoek én gevind. My hoop in Jesus het my die vrede en emosionele bestendigheid gegee om my twee seuns tien jaar lank op my eie groot te maak.

Wat lyers nodig het
Kankerlyers het ondersteuning nodig. Hulle het ’n behoefte om veilig te voel in ’n omgewing waar hulle kwesbaar kan wees – om oop en eerlik te wees. Hulle het ook bemoediging nodig om vreesloos voort te gaan om met kanker saam te lewe. Hulle behoort nie hierdie pad alleen te stap nie. Op my reis het ek heelwat geleer oor emosionele en geestelike groei, asook oor belangrike praktiese sake soos goeie voeding, ’n gesonde leefstyl, die hantering van stres, en die krag van die Woord, gebed en vergifnis. Kankerlyers het deurlopend geestelike, emosionele en praktiese hulp nodig, en dit is soms moeilik om te vind. Daarom is “Anchor for Cancer” begin: om almal wat kanker het, asook dié wat ’n geliefde versorg wat kanker het, te ondersteun. Ons leer by mekaar en by die Here.

“Die gees van die mens is ’n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste.” – Spreuke 20:27

Wat is Anchor for Cancer?
“Anchor for Cancer” is ’n 12 weke-kursus wat ander kankeroorlewendes se ervaring oor genesing deel, onder andere dié van twee leraars. Ons deel getuienisse en het oop forums waar menings uitgeruil kan word. Onderwerpe soos die hantering van stres, dieet, innerlike vrede en praatjies deur, onder andere, ’n hematoloog en ’n natuurarts (naturopath) word ook aangebied.

“Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.” – Psalm 34:4

Stuur jou kontakbesonderhede na anchorforcancer@gmail.com, indien jy belangstel om die kursus by te woon of besoek anchorforcancer.co.za vir meer inligting.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)