My redelik “normale” lewe het in 2015 skielik tot stilstand gekom toe ek nie normaal kon beweeg soos gewoonlik nie. Ek was 23, getroud en die ma van ’n woelige babaseuntjie. Daardie oggend wou my regtervoet nie behoorlik op die rem trap terwyl ek bestuur het nie. My voet het aanhou beweeg wanneer ek dit van die petrol- na die rempedaal verskuif het. Ek het geweet dat iets ernstig fout was.
Die MRI het groot letsels in my brein getoon en die lumbale punksie het bevestig dat daar teenliggaampies aanwesig was. Dié teenliggaampies het die miëlienmantels aangeval wat die senuwees in my brein bedek. Ek is met veelvuldige sklerose (MS) gediagnoseer: Ek sou binne agt tot tien jaar in ’n rolstoel sit.

Die oorlog woed
Daar het ’n oorlog in my liggaam gewoed, die oorsaak was onbekend en die oplossings eksperimenteel en aftakelend – en baie duur. Ons was gedreineer en verward. Hoe kon die Skepper nie vir ons die antwoord hê nie? Hierdie vraag was die begin van die wonderlike antwoorde en vryheid wat sou kom.


VAN LINKS NA REGS: Thomas (3), René, Lian (7), Johann en Cohan (1)

Fisieke en geestelike gifstowwe
Ons het besluit om alternatiewe oplossings te ondersoek. Ons het vas geglo dat my liggaam kon genees en dat dit wat ek ervaar nie God se skuld, Sy wil of ontwerp is nie. Maar wat was Sy plan? Ek het geglo dat Hy dit sou openbaar, daarom het ek na Sy wil en ontwerp gesoek. Daar het baie gebede en ure se leeswerk gevolg. Ek het besef dat ons self die probleme skep deur die gifstowwe wat ons toelaat – fisiek en geestelik. Die Heilige Gees het my gewys hoe om genesing vir “giftige” herinneringe te kry en ek het alle gifstowwe uit ons huis verwyder.

Die wortel van die probleem
Ek het baie boeke gelees, insluitend Johan Jacobs se Go Natural Wisdom for Healthy Living. Hierdie boek het bevestig dat “lewe in oorvloed” moontlik is. Ek het alles so suiwer en rou as moontlik geëet (sade, neute, vrugte en groente) en groentesap gedrink. Binne vyf maande het ek amper weer normaal gefunksioneer. Ek het gehoop dat alles verby is, maar ek was verkeerd. Ons het nog nie by die wortel van die probleem uitgekom nie.

Elke jaar het ek ’n paar keer weer swakheid en motoriese probleme ondervind. Ek het deur my navorsing besef dat ek die wortelkanaal wat ek as kind gekry het, moes laat verwyder. Ek het altyd ’n dowwe pyn in die omgewing van daardie tand gehad.


Die letsels van die veelvuldige sklerose is duidelik aan die linkerkant van die brein te sien op die skanderings wat in 2015 geneem is

’n Onbekende vyand
Ek het die korrekte prosedure, soos in Go Natural uiteengesit, met ons tandarts bespreek en is verseker dat hulle prosedure dieselfde resultaat sou waarborg. Ná die verwydering was ek verlig en vol vertroue dat ek nou vry van die infeksie was, maar ná ses weke het ek snags in die bed neergeval asof ek ’n week lank kon slaap en dan skaars twee uur later wakker geword. Ek was ongeduldig en het geen motivering gehad nie. My liggaam was in ’n stryd gewikkel teen ’n onbekende vyand. My gees was in die diepste waters en ek het elke aand deur die golwe van depressie gesukkel op soek na ’n reddingsboei van hoop. God was naby aan my en het telkens wanneer ek nie meer ’n uitweg kon sien nie, ’n lantern gestuur.

Gevaarlike infeksie
Danksy een van Go Natural se nuusbriewe het ons na die dokumentêr, The Root Cause Movie, oor tandheelkundige patologie (wortelkanale en tandheelkundige kavitasies) gekyk. Ek het besef: die wortelkanaaltand wat getrek is, was groen! Dit het die infeksie bevestig. Nou kon ek van die werklike probleem ontslae raak. Ek het gedink die infeksie is weg, maar die anaërobiese bakterieë in die ekstraksieholte het gedy sonder dat my liggaam veel daaraan kon doen omdat die bloedtoevoer nooit weer heeltemal herstel het nadat die besmette tand getrek is nie. Sonder bloedtoevoer is die immuunstelsel afwesig en kan dit nie die probleem van die anaërobiese bakterieë in die omliggende been en periodontale ligament bereik nie. Dit het die tafel gedek vir ’n baie gevaarliker infeksie.

Uiteindelik genees!
Ons het ’n afspraak met ’n biologiese tandarts gemaak. Volgens hom het die infeksie in die kavitasie die skade aan my miëlienmantels veroorsaak. Die anaërobiese bakterieë skei hoogs gevaarlike senutoksiese afvalprodukte af wat ook in kadawers voorkom. Toe die tandarts aan die been boor waar die wortelkanaalbehandelde tand was, het hy op die swart, nekrotiese weefsel afgekom wat in my kakebeen gevorm het en my vergiftig en siek gemaak het. Ná die infeksie skoongemaak en die kaakkavitasieprosedure korrek uitgevoer is, het my liggaam herstel. Ek het gesond geword en is van ’n “ongeneeslike” siekte genees … en is nog steeds genees.

Rentmeesters van ons tempels
Ek loof God vir die vryheid wat ons vandag smaak. Ja, ons is nie volmaak in ons liggame nie. Hierdie aardse woning is bloot ’n tent – en my tent getuig van baie storms. Maar ons sal aanhou om Sy aangesig te soek en strewe om die beste rentmeesters van die tempels te wees waarmee Hy ons geseën het.


18 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org