Deur: Viv Woollon

Ek ly vandat ek kan onthou aan slapeloosheid, angs, ligte depressie en my verstand was gedurig beneweld. Daarbenewens het ek ook pyn in my arms, hande, nek, rug en heupe gehad. In die nag het ek dikwels wakker geword met my arms en hande wat “dood” gevoel het.

’n Diagnose
Ongeveer 13 jaar gelede het ’n rumatoloog my met fibromialgie gediag-noseer. (Fibromialgie is ’n “onsigbare” chroniese inflammatoriese siektetoestand wat wyd-verspreide spier- en skeletpyn in die liggaam veroorsaak.) My ma en suster is ook vir die siekte behandel.

Ek wou nie vir die res van my lewe op medikasie staatmaak nie
Ek het sedertdien uitgevind dat wanneer sommige dokters nie weet wat die oorsaak van sekere chroniese ontstekingstoestande is nie, hulle dit as fibromialgie kategoriseer. Die dokter het vir my medikasie vir slapeloosheid, pyn, inflammasie en depressie voorgeskryf. Ek het gekies om slegs die een medikasie te neem om my te help slaap. Soms het ek ook die anti-inflammatoriese middel gebruik. Ek het geweet dat ek nie die res van my lewe op medikasie wou
staatmaak nie.

’n Immuniteitstelsel onder onnodige druk
Omdat ek ’n tipe A-persoonlikheid het, het ek voortgegaan om myself te druk en my liggaam onder geweldige stres te plaas. Ek het myself liggaamlik, geestelik en emosioneel verder gedruk as wat ek moes. Dít, tesame met slegte eetgewoontes, het my immuniteitstelsel nog erger laat sukkel.

Gebede word verhoor
Ek was te uitgeput en vol pyn om tot stilstand te kom en sake in oënskou te neem – wat nog te sê om vir myself te bid! My wonderlike man het in die bres getree en voortdurend vir my gebid. In 2014 het die Here sy gebede verhoor deur middel van ’n vriend wat my van Johan Jacobs se boek, Go Natural: Wisdom for healthy living, vertel het. Ek het daarin ook gelees van dr. Hal Huggins en sy waarskuwings oor gevaarlike tandheelkundige prosedures wat tot siektetoestande kan lei.

Hoë vlakke van metale in my bloed
Nadat ek Johan se boek gelees het, het ek het besluit om my metaalvulsels en wortelkanale veilig deur ’n biologiese tandarts te laat verwyder. Voordat ek dit gedoen het, het my natuurlike geneesheer my vir bloedtoetse gestuur om te kyk wat die vlakke van metale in my bloed was. Die loodvlakke was buitengewoon hoog, gevolg deur hoë vlakke van kwik en aluminium.

Gesondheid verbeter drasties
Hierdie tandheelkundige werk is oor die verloop van ’n paar maande gedoen en elke keer het ek direk van die tandarts na my natuurlike geneesheer gegaan vir ’n vitamien C-drup om my immuniteitstelsel te versterk. Ek het steeds twee inplantate in my mond, maar my gesondheid het so drasties verbeter dat ek nie nou iets daaraan hoef te doen nie.

Ontslae van ongewenste metale in my bloed
Nadat al die tandheelkundige werk voltooi is, het ek twee jaar lank onder toesig van my dokter ’n chelasie-program gevolg.

(Chelasieterapie behels dat daar van ongewenste metale in jou bloed ontslae geraak word deur dit met ander stowwe te laat verbind.) Ek het aanvanklik een chelasie-drup ontvang, maar dit was te sterk vir my gestel, dus het ek met orale kapsules voortgegaan om die behandeling te voltooi.
Na ongeveer ’n jaar verloop het met die chelasieproses, het ek nog ’n bloedtoets gedoen. Dit het ’n drastiese vermindering in lood en ander metale getoon. Ek het al hoe beter begin voel. My tweede bloedtoets, nog ’n jaar later, het minimale tekens van die metale getoon.

Beter leefstylkeuses
Ek het terselfdertyd toe ek met die tandheelkundige proses begin het ook gesonder begin eet – volgens Johan se boek. Dit het baie bygedra tot my herstel en die vermindering van die simptome.

’n Pynvrye lewe
Die afgelope vyf jaar lank lewe ek ’n gesonde en pynvrye lewe. Ek slaap vir die eerste keer in my lewe goed en solank ek my stresvlakke monitor, genoeg slaap en korrek eet, het ek energie en is my verstand helder. Ek is dankbaar dat my hemelse Vader dat Hy my gelei het om te leer oor Sy Godgegewe manier van gesond lewe. Ek is ook dankbaar vir Johan se toewyding, geesdrif en bereidwilligheid om hierdie goeie nuus met almal te deel.


9 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)