Deur: Francois Lamprecht

Ek het onlangs vyfuur in die oggend wakkergeskrik. As kind van die Here het ek intens bewus geword dat my hemelse Vader ’n boodskap vir my het. Hy wou hê dat ek my ervaring met ander moet deel en hulle vertel: Kanker is nie ’n doodsvonnis nie, daar ís lewe ná kanker.

Aggressiewe kanker
My naam is Francois Lamprecht, gebore
op 25 Junie 1945. Ek het tien jaar lank in die korporatiewe wêreld as beleggingsanalis gewerk en was daarna twintig jaar lank in die onderwys betrokke waar ek my praktiese ervaring met my leerlinge kon deel. Ek het teen die einde van 1996 my onderwys-loopbaan by Paul Roos Gimnasium afgesluit.

Ek is in 2014 met ’n baie aggressiewe klierkanker gediagnoseer. Ek het ’n gewas van 18 cm X 14 cm X 10 cm in my buik gehad en my linkernier het byna verdubbel in grootte as gevolg van die gewas wat besig was om die urinebuis toe te druk. Tydens ’n noodoperasie is twee stents tussen die niere en die blaas ingesit om my niere te red.

Gebede en geloof dra my
Die nuus van die “groot K” was ’n geweldige skok vir my, die familie, vriende en veral ons omgeegroep wat my in hierdie tydperk met hulle gebede gedra het.
Een gebeurtenis het veral baie vir my beteken. My dogter het my gebel en vertel dat my kleindogter, wat toe sewe jaar oud was, die vorige aand ná huisgodsdiens op haar knieë gegaan en gebid het: “Liewe Jesus, my oupa is baie siek. Sal U hom nie asseblief gesond maak nie?” Dit was ’n groot inspirasie vir my om my situasie in ’n positiewe gees te hanteer, want hoe kan Jesus – wat so lief vir kinders is – nie na ’n opregte gebed van ’n dogtertjie luister en dit verhoor nie?

Nood leer bid
Daar is ’n gesegde wat lui: Nood leer bid. Gedurende daardie tyd het ek baie tyd
saam met my Pappa God deurgebring om vir my die nodige insig en wysheid te gee sodat ek die beproewing wat op my lewenspad gekom het, kan hanteer. My onkoloog het aanbeveel dat ek ses chemoterapiebehandelings van ses ure elk moet ondergaan. Die laaste een is op 15 Julie 2014 toegedien. Ek het voor die chemoterapie eers tien osoonbehandelings ontvang. Dit het baie gehelp om my immuunstelsel ’n hupstoot te gee. ’n PET-skandering het getoon dat ek skoon is en die kanker in remissie is.

Die stryd gaan voort
Ná ’n jaar het toetse in Julie 2015 getoon dat ’n klein gewas laer af in my buik ontwikkel het, maar ná twintig bestralings was ek weer skoon. ’n Jaar later, in November 2016, het die kanker van 2014 weer hervat met ’n groot gewas in my buik. Die hele chemoproses is herhaal – hierdie keer met twaalf behandelings. Toe my oudste seun die nuus hoor dat ek weer chemoterapie moet ontvang, het hy vir my ’n buis met baie sterk kannabisdruppels gebring wat ek daagliks voor en tydens chemobehandeling moes gebruik. Hierdie keer het ek die chemoterapie baie makliker hanteer met geen newe-effekte nie. Ná die twaalf behandelings is ek weer skoon verklaar.

Gawe van ons hemelse Vader af
Dit het my laat besef dat daar alternatiewe produkte is wat ons hemelse Vader in die natuur aan ons gee om siektes, wat kanker insluit, te kan genees. Ek het my lewenstyl aangepas deur meer natuurlike produkte te gebruik en suiker, stysel, suiwelprodukte en verwerkte kosse by my dieet uit te skakel. Om in hoë vlak van immuniteit te handhaaf, het ek aangehou met osoonbehandeling en die kannabisolie.

Die grootste suksesverhaal
In Augustus 2019 het ek gevoel my gestel is af. Ek was bekommerd dat die kanker weer kan hervat. Deur die voorsienigheid het ’n groot vriendin, Louisa Cooper – wat ook ’n kankerlyer was – my van ’n suurstofkapsule, Mega Oxygen, vertel. Dié kapsule verskaf die nodige suurstof om jou liggaam te help om homself te genees. Ek het dit bestel en die kursus voltooi. Teen die einde van November het ek weer vir my toetse gegaan. Die uitslae het aangetoon dat my bloed 100% normaal is en die sonartoetse het bevestig dat daar geen teken van kanker meer in my liggaam was nie. Die onkoloog was in ekstase oor die uitslae en het genoem dat ek een van die grootste suksesverhale van al haar kankerpasiënte is. Weer eens ’n bewys dat Mega Oxygen vir baie kankerlyers voorwaar ’n wondermiddel kan wees.

’n Hart van dankbaarheid
Selfs tydens die COVID-19-pandemie het ek tot dusver geen simptome van die virus ervaar nie. Ondanks die trauma van die afgelope agt jaar lei ek op 75 ’n normale, gesonde lewe vol energie. Ek is dankbaar teenoor so baie mense wat my in hierdie tyd bygestaan en van raad voorsien het. Ten slotte bedank ek my hemelse Vader vir Sy bystand en die insig en wysheid wat Hy vir mense gee wat natuurlike middels gebruik om geneesmiddels aan die mense te voorsien.
Onthou, daar is hoop en lewe ná kanker. Ek is ’n lewende bewys daarvan.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


11 November 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)