My naam is Paddy, ek woon op ’n plaas in die pragtige vallei van Riebeek-Kasteel. Ek het twee kosbare honde, Charlie en Nguni. Op Oukersaand verlede jaar het ek by my suster in Napier gaan kuier. Ek het besluit om by haar te oornag en Kersmiddag na die plaas terug te keer. Dit was die eerste keer dat ek my honde vir ’n nag alleen gelos het.

’n Aaklige Kersdag
Toe ek die volgende dag by die huis aankom, het ek ontdek dat die mannetjieshond, Charlie, ’n gat onderaan die heining gemaak het en weg was. Hy was skoonveld. Ek was rasend – ek het hom geroep en oral gesoek. Ek het die wingerde gefynkam, maar hy was nie daar nie. My hart het in my keel geklop. Ek het uitgevind dat die plaaswerkers op Oukersaand vuurwerke laat afgaan het. Dit moes Charlie vreesbevange gemaak het en veroorsaak dat hy paniekerig deur die heining gebreek en weggehardloop het. Ek het op my knieë neergesak en gebid vir sy beskerming en dat hy veilig sal terugkom.

Hartgebroke
Ek het oor die volgende vyf dae elke wingerd van hoek tot kant deursoek, maar tevergeefs. Ek het notisies op elke paal in die plaaslike vallei aangebring en uitgereik na al die WhatsApp- en Facebook-groepe in ons omgewing. Op die sesde dag het mense my van so ver as Krugersdorp (1 400 km) af begin kontak met foto’s van honde wat soos Charlie lyk. Die reaksie was ongelooflik. ’n Vrou wat naby my woon en elke oggend met haar hond gaan stap, het my gekontak en gesê dat sy Charlie moontlik op ’n naburige plaas gesien het. Ek het die volgende drie dae deur die buurman se wingerd gesoek, maar dit het niks opgelewer nie. Ek was hartgebroke.

‘Ek het vir krag gebid’
My suster Erin het vir my ’n Bybelvers uit Psalm 34 gestuur: “As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes,
Hy help die moedeloses” – Psalm 34:16-19. Ek het gebid vir sterkte van geloof en ’n teken oor waar my hond was.

Prys die Here!
Op 4 Januarie, meer as tien dae nadat Charlie vermis geraak het, het ek vroeër as gewoonlik wakker geword en ’n vreemde gevoel gekry dat ek na die buurman se plaas moet ry. Terwyl ek ry en bid, sien ek iets in ’n bos onder by die grondpad beweeg. Prys die Here, daar was my Charlie! Hy het was maer en oortrek met bosluise Hy het absoluut mal gegaan toe hy my sien en my stem hoor. Ek was oorstelp van vreugde en dankbaarheid! Charlie was net so bly, hy het in my arms gespring, my gelek en aanhoudend fyntjies getjank.

Die les wat ek geleer het, is om nooit jou geloof in Jesus prys te gee nie, al is die situasie ook hoe moeilik. Die krag van gebed en geloof is absoluut wonderlik. Amen!


22 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)