Deur: Legion of lions

In dié sakerubriek hanteer Mark Hewett die korrekte benadering tot mislukking in jou onderneming.

DEEL 1:
’n benadering wat tot groei sal lei Wat definieer sukses vir jou?
Ons almal definieer die mislukkings en uitdagings van ons entrepreneuriële ondernemings of leierskapreise verskillend; verwelkom joune as deel van die vordering wat jy maak. Sukses is nie iets wat onmiddellik gebeur nie – selfs “oornagsukses” neem inderwaarheid jare. In die vorige rubriek het ek die vyf stappe van besigheidsgroei behandel en hoe belangrik dit is om groot en vreeslose doelwitte te stel, terwyl jy die mislukkings as deel van die reis na sukses aanvaar. Steve Jobs, Elon Musk en Thomas Edison het almal talle kere misluk in hulle pogings om baanbrekende innovasies te verskaf – totdat hulle dit reggekry en die wêreld verander het. As jy 50% bereik van wat jy wou vermag, is jy steeds verder as toe jy begin het. Evalueer dus elke stap noukeurig en bestee dan jou energie aan die oorblywende deel van jou reis.

Bly geesdriftig toegewyd
In die uiteindelike oorwinning van die oorlog was daar verskeie veldslae wat óf verloor óf gewen is. Dieselfde geld vir die sakewêreld. Jy moet die verliese as deel van die strategiese proses aanvaar – moenie toelaat dat struikelblokke jou persepsie van jou groot visie verander nie. Bly geesdriftig toegewyd.

Wees aanpasbaar
’n Term wat dikwels gebruik word om die (tydelike) mislukking die hoof te bied, word die “draaipunt” (pivot) genoem. Alle groot ondernemings is voortdurend besig om hul produkte of dienste te vernuwe of aan te pas totdat die oplossing markgereed is en die aanvraagwaarde geproduseer of verhoog word – die sleutel is om dit met strategiese begrip te doen en vorentoe te “val”. Wees slaggereed en voorbereid om getoets te word – dan sal jy baie aanpasbaar wees met betrekking tot jou verwagtinge, terwyl jy met die nodige deursettingsvermoë jou sukses teiken.

DEEL 2:
Ultra-produktiwiteitsbeplanning
Taakgroepering en beplanning
Wees proaktief en takel elke oggend die belangrikste take eerste. Integreer taakgroepering by jou daaglikse skedule sodat jy ultra-produktief kan wees en jy jou gedagtes helder hou. Dit sal jou help om probleme en stres baie meer doeltreffend te hanteer. Taakgroepering behels om op dié take te fokus wat gedurende ’n bepaalde periode dieselfde kategorie van denkprosesse van jou sal vereis. Die brein hou nie daarvan om van die een soort probleemoplossing na die ander te spring nie. Dit kan dit vir jou moeilik maak om helder te dink, wat dikwels tot ’n gevoel van beangstheid lei of tonnelvisie wat deur frustrasie veroorsaak word. Kategoriseer die take en pak hulle met ’n gekoördineerde taakgroeperingskedule aan. In plaas daarvan om take op ’n lysie neer te skryf, definieer en plaas die take dan op jou kalender om jouself ’n beter idee te gee van die tyd en ruimte wat jy gaan benodig om jou produktiwiteit te verbeter.

Omskep probleme in oplossings
As ’n entrepreneur is jou vermoë om oplossings te skep en mislukkings sonder sukkel die hoof te bied ’n groot voordeel. Aktiveer dus ultra-produktiwiteit tesame met ’n benadering wat tot groei sal lei. Ongeag hoeveel keer jy aanvanklik moet aanpas – dit sal op die lang duur die moeite werd wees.

Vir leierskapsafrigting, raad oor sakegroei of besigheidsamewerking – e-pos strategy@legionoflions.com


6 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)