-deur Karen Badenhorst

Hoekom nóg mediese dekking uitneem as jy reeds ’n mediese fonds en versekering het? Gapingsdekking (gap cover) maak voorsiening vir daardie ekstra onnodige uitgawes wat opduik wanneer ’n mens dit die minste verwag! Dit betaal die verskil tussen die voordele wat jou mediese fonds dek en die mediese spesialiste se tariewe. Dit is ook ’n aanvuller waar sekere dienste dalk beperkings op het, byvoorbeeld as jou mediese fonds net ’n sekere bedrag vir medikasie in die hospitaal dek, of byvoorbeeld net ’n sekere bedrag beskikbaar stel vir ’n kunsledemaat.

Dit is nie ’n mediese fonds nie
Gapingsdekking kan alleenlik sáám met ’n mediese fonds uitgeneem word. Dit betaal ook nie vir voordele wat jou mediese fonds nié dek nie. Dit is dus net ’n aanvuller tot jou mediese fonds om jou tot 100% voordele te gee.

Hoekom het ek gapingsdekking nodig?
Hierdie dekking bied jou die gemoedsrus dat jy en jou gesin nie ’n groot bybetaling sal moet maak ná hospitalisasie nie. Baie van die planne bied ook ander voordele vir byvoorbeeld radiologie en patologie, kanker en ongevalle.

Wagperiodes
Net soos met ’n mediese fonds kan die firmas volgens hul onderskrywingsreëls die volgende uitsluitings plaas:
• 3 maande algemene wagperiode vir alle voordele en / of
• 12 maande uitsluiting van spesifieke siektetoestande
• 9 maande wagperiode vir swangerskap.

Wat word nie gedek nie?
Daar is ’n paar toestande wat nie gedek word nie byvoorbeeld kosmetiese chirurgie, obesiteit, teaterfooie, depressie en selfmoord. Dit hang ook af van watter plan jy by watter firma uitneem. Die meeste groot versekeringsfirmas (o.a. Discovery, Momentum en Sanlam) se produkte bied verskeie opsies, maar kyk na watter voordele elkeen bied. Dekking by CURA, wat onderskryf word deur Ambledown Finansiële dienste, bied omvattende dekking en kan met ’n geruste hart aanbeveel word.

Hoe kan ek eis?
Gewoonlik is daar ’n eisvorm wat saam met die betrokke dokter en hospitaal se rekening ingedien moet word. Maak seker die kodes vir die diagnose asook vir die behandeling word genoem. Jou huidige mediese fonds se besonderhede moet verskaf word.


KAREN BADENHORST het haar oor die afgelope 20 jaar in die finansiële bedryf bekwaam en het ’n gevestigde praktyk met lojale kliënte. Sy is getroud met Quintin en hulle het vier kinders.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)