Vinnige Feite
Ouers: Lewe nog albei. Is 49 jaar getroud.
Sibbe: Sy is die jongste van vier en “die trotse tannie van nege”.
Kerk: Shofar Wellington
Grootgeword: Op ’n plaas naby Klipheuwel – tussen
Malmesbury, Durbanville, Stellenbosch en die Paarl.
Skoolgegaan: Laerskool by ’n klein plaasskooltjie, Slot van die Paarl. “Ons was 70 kinders in die maer jare en 90 in die vet jare toe ons nog ’n onderwyser bygekry het.”
Hoërskool: Paarl Gimnasium.
Studeer: Musiek by Pretoria Tech vir een jaar. Toe na
Stellenbosch om drama te studeer.
Haar stand-up vertonings tot dusver: Wanneer trou jy? Toeris-toeris; Die kerkkys (oor Christen-dating) en Toe Apple nog ’n vrug was.


As jy nodig het om uit jou maag te lag, is Mariette Loubser net die regte medisyne. ’n Lepelvol van haar humor sal enige swartgalligheid verdryf.

Sy daag soos ’n warrelwind van kleur en vreugde vir die onderhoud by ons kantoor op en die woorde borrel teen ’n spoed uit. Sy het spoedig almal, van die ontvangsdame tot die bemarkingsdame, aan die giggel. Sy is snaaks – regtig snaaks. Daar is egter baie meer as net humor aan hierdie stand-up-komediant en sanger. Vir haar is haar Christenskap ’n saak van erns. Wanneer sy oor Jesus praat, swem haar oë in die trane, want Sy het Hom met alles in haar lief en hierdie passie vir Hom is hoogs aansteeklik!

EERSTE VERTONING
Vermaak van kindsbeen af
Van kindsbeen af wou sy ’n sanger en aktrise word en het as 16-jarige Paarl Gimnasium se skoolsaal gehuur om haar eerste konsert te hou. “Ek het kaartjies verkoop, my maatjies het by die deure gewerk en ek het die klankmeneer van die skool gevra om die klank te doen,” vertel sy. “Ek het ewe slim gereël dat die konsert in koshuisstudietyd gehou word – natuurlik sou die koshuisbrakke kom!” Twee honderd mense het opgedaag, nie te sleg vir ’n onbekende skooldogter se eerste vertoning nie. “Ek was baie teleurgesteld, want wáár was die ander 800 kinders van die skool?” lag sy. Die hoogtepunt was toe haar vriendinne die kleedkamer binnestorm en aankondig dat die bussie van die Landbouskool stilgehou het. “Dit was die seunskool net buite die dorp op wie se seuns ons almal verlief was, al het jy niemand daar geken nie.” Sy het voortgegaan om deur haar skoolloopbaan en op varsity vertonings te hou. “Dit is in my bloed,” erken Mariette.

BEKERING EN GEESTELIKE GROEI
Bekering en dissipelskap
“Niemand word wedergebore gebore nie,” is haar wyse woorde. “Ek weet dat ek reeds as dogtertjie die waarheid oor Jesus geglo het, maar die eerste keer toe ek in die openbaar verklaar het dat ek Jesus as Verlosser kies, was in standerd 6 toe ‘n gasspreker by die skool nooi: ‘Wie wil Jesus die koning van hulle lewe maak?’ Ek het gedink: Ek is mos klaar ’n Christen. Maar toe kom nog ’n gedagte op: Sy vra nie of jy glo nie, sy vra wie wil Jesus die koning van hulle lewe maak,” getuig Mariette. Jesus se Koningskap en haar absolute gehoorsaamheid aan Hom duik deurgaans in die gesprek op.

Louwarm Christenskap is nie ’n opsie nie
Vir haar is daar net een ware Christenskap – dié soort waar alles om Jesus en Sy Koninkryk gaan en ons eie wil en begeertes op die altaar neergelê is. “Ek praat nie van radical Christene nie, want dit insinueer dat louwarm Christenskap normaal is. Ek praat liewer van Christene wat Jesus gehoorsaam, anders versterk ons die idee dat louwarmheid (wat God naarmaak) normale Christenskap is.“

Alles op die altaar
Dit was as eerstejaartjie op Stellenbosch dat haar lewe radikaal verander het en sy alles op die altaar geplaas het. “By die eerstejaars-kamp het ons Mat Redman se liedjie gesing: ‘I’m sorry Lord for the thing I have made it … it‘s all about You, Jesus, all about You.’ Maar die Heilige Gees fluister vir my: ‘Jy sê Jesus is jou eerste liefde, maar Hy is nie. Sanger en aktrise is eerste, dié is tweede, daardie is derde …” Teen dié tyd loop die trane terwyl sy vertel. “By die tweede altar call sê hulle: ‘Hier is van julle wat voorheen uitverkoop was vir Jesus, maar Hy is nie meer op die troon van jou lewe nie.’ Ek het vorentoe gehardloop, die fasiliteerder se hand gegryp en gesê: ‘Dis ek! Ek wil my lewe weer vir Jesus gee en ek wil nie weer één tree gee as dit nie vír, sáám en ín Jesus is nie.” Mariette vertel hierdie getuienis terwyl die trane blink oor haar wange rol en sy soms net die woorde kan fluister. Haar liefde vir Jesus is tasbaar en laat ‘n mens nie onaangeraak nie.

Dissipelskap en gemeenskapslewe in die kerk
Sy beklemtoon hoe belangrik die gemeenskap van die kerk is en veral dissipelskap. “My lewe het drasties verander toe ek ingeskakel het by ’n Liggaam waar ek gedissipel is. Ek was jare voor dit gered en Geesvervul, maar die Here het my lewe verander toe ek gedissipel is deur mense wat passievol oor die Here is. Ek het ook die kerk se Bybelskool bygewoon en ’n Bybelse wêreldbeskouing ontvang wat alles verander het. Jy groei so vinnig as wat jy honger is.”

Gehoorsaamheid in die woestyntyd
In 2009 het die Here vir Mariette gevra om haar talent op te offer soos Abraham vir Isak opgegee het. Sy was getrou aan haar belofte om Hom Koning te maak en het Hom gehoorsaam – al het dit nie sin gemaak nie. Sy het in daardie tyd by die kerkkantoor gewerk, daarna blomme vir troues gedoen en toe weer by die studentebediening gewerk. “Ná sewe jaar (2016) het die Here vir my gesê: ‘Hier is die ram in die bos, haal af jou kind en keer terug na die vermaaklikheidsbedryf. So, hier in my vroeë dertigs – almal is al by kind nommer 3 en huis nommer 6 – begin ek in Johannesburg weer oudisies doen, sonder ’n gesin en sonder ’n vaste adres. Die Here het kragtig voorsien, maar jy is ook bereid om enige iets te doen vir ‘n inkomste … ek het in ’n stadium by die kosafdeling van ’n stel gewerk en my vriende het hulle geskeur, want ek kon pasta en roosterbrood maak. Dis toe waar alles geskud is en ek besef het hoeveel van my waarde geanker was in dinge buiten God my Vader. Die Here het ’n diep werk in daardie seisoen gedoen. Nou verstaan ek daardie woestyntyd soveel beter. Ek sou nie die lesse kon leer deur preke en hande-oplegging nie, ek moes alleen deur die valleie gaan en leer om Hom te gehoorsaam.”


Nadia Henn en Mariette is goeie vriendinne en deel ’n groot liefde vir Jesus en ’n begeerte om om Hom voluit te dien

Volhardende geloof word beloon
In daardie tyd het Mariette gevoel die Here sê sy moet stand-up-komedie begin doen. Hy het die sluise van guns oor haar oopgemaak. Sy het selfs vertonings oorsee gaan doen en is genooi om by die Woordfees op te tree. “Alles in dieselfde jaar wat ek dit vir die eerste keer begin doen het. Maar dis hoe die Here met my werk, altyd andersom. Hier sit ek diep single, maar ek sê vir jou, oor twee jaar is daar ’n man en twee kinders. Ek moet soos Noag God net gehoorsaam, al maak dit nie altyd sin nie. Mense sien net wanneer die seën daar is, nie die jare se getrou wees nie. So wanneer die reën dan kom vir Noag se arkie, lyk dit of Noag oornag ’n deurbraak gehad het, maar dit is nie die geval nie.”


Mariette by haar ouers, Pieter en Anita Loubser, op hulle 49ste troudagherdenking

Inperking het nuwe geleenthede gebied
Tydens die aanvanklike streng inperking het die Heilige Gees vir Mariette gelei om ’n gratis regstreekse vertoning op Facebook te hou. “Toe ek my skakel oopmaak, was daar amper 600 mense aanlyn. Ek het dit nog nooit voorheen gedoen nie en daardie aand was meer drama as komedie met internetprobleme en die nuwe formaat. Aan die einde het ek ’n woord van bemoediging gegee en ’n gebed gedoen.” Sy het gevoel dit was ’n flop, maar die volgende dag het van die mense haar gekontak. “Hulle het gesê dat hulle regtig swaar trek, maar dat my woorde en gebed baie vir hulle beteken het. Ek het besef dat dit eintlik God se plan was dat ek miskien net elke aand om agtuur daar moet wees sodat dié wat wil, kan kom. Die Here het daardeur ‘n aanlyn bediening begin. Mense het tot bekering gekom, is met die Gees vervul en bevry – net daar op Facebook! Mense wat mekaar nog nooit ontmoet het nie, het oor Facebook vir mekaar gebid. Elke aand agtuur was die mense daar. Hulle het nêrens anders gehad om heen te gaan nie,” vertel sy geesdriftig.


V&A OOR KOMEDIE
Waar kom jou inspirasie vir vertonings vandaan en hoe hou jy dit vars en oorspronklik?

Ek probeer ware verhale vertel, want dit is die ongemaklike waarhede wat iemand die guts het om oor te praat, waarvoor mense hardop lag. Die shows het baie grappies oor my, oor awkward goed wat met my gebeur het. Dit verseker altyd tonne vars materiaal! Die een show gaan oor die feit dat ek ouer is en nog nie getroud is nie. Ek vertel die waarheid oor myself – hulle lag, ek kry ’n inkomste, we all win. Met Toeris-toeris het ek gepraat oor die verskillende kulture in ons land. Wie is ’n toeris? Dit hang af waar jy is. Met ander woorde, wie is nou eintlik die weird een? Ek probeer mense aanmoedig om dié wat van hulle verskil te vier, in plaas daarvan om bedreig te voel.

Wat doen jy as die vertoning nie werk nie, as jy voel jy bereik nie jou gehoor nie?
Inside you die to self. Ek het net my sin vir humor en myself om aan die gehoor te bied. Ek vra maar die Heilige Gees om my te help en druk net deur. Ek het ook gewoond geraak aan verskillende gehore. Party gehore dink die vertoning is snaaks, maar gaan nie hardop lag nie. In daardie oomblik moet jy net glo: Dit is waarvoor ek geroep is.

Jy spot lekker met jouself, onder meer oor die wanneer-trou-jy-vraag. Maar daar is soveel ongetroudes wat graag wil trou en met groot pyn in hulle harte loop. Wat is jou raad vir hulle?
My antwoord is dieselfde vir elke ander pynlike vraag in jou hart. Vertrou jy vir Jesus? Glo jy dat God goed is? Dat Hy jou uitgedink en toe aanmekaar gesit het? Glo jy dat Hý vir jou voorsien? Stem jy saam met Hóm oor wie Hý sê jy is? Of jy ’n ouer vrou is wat nog nie getroud is nie of ’n paartjie is wat sukkel om swanger te raak of ’n 64-jarige oupa en ouma wat brand om hulle kleinkinders te sien, maar hulle kinders het hulle afgeskryf – vertrou jy God? Almal van ons het ’n geestelike stryd, ongeag in watter vorm dit na ons toe kom.

Betrek jy doelbewus Koninkrykswaardes by jou komedie?
Eerstens, wat jou hart van vol is, loop jou mond van oor. As jy nie ’n begeerte het om mense te bemoedig nie, sal jy dit nie doen nie. Dit kom neer op jou hart. Waar is jou hart? Wat reeds in jou lewe aan die gang is, is wat uitkom op die kansel of in stand-up-komedie of op jou sosiale media; dit is wat uitkom by die braai.

Tweedens het ek besef as ek die gehoor nie aan die einde van die vertoning na Jesus toe nooi nie, wat gaan ek eendag sê as ek voor God staan en ek sien die honderde mense wat betaal het om na my mening te kom luister, en dalk is van hulle sonder dat ek besef het, hel toe? Wat is erger as dit? (Mariette huil saggies wanneer sy dit prewel.) Wát is erger as dit? Jy hoef hulle nie te red nie, jy hoef net vir hulle te sê Jesus wil hulle red, hier is die geleentheid. As jy nie ’n dringendheid oor Jesus het nie, is dit omdat jou hart verhard is. Daar is nie iets tussenin nie – hard of sag. Jy jaag die skapies uitmekaar of bymekaar. Watter een is jy? Kom ons nooi hulle dan uit.

Vloei die vertoning dikwels in bediening in?
Dit het onlangs begin gebeur. Ek is byvoorbeeld genooi om op te tree by ’n fondsinsamelingsfunksie. Ons het met die komedie begin en toe oorgegaan na bediening en bemoediging van die vroue. Maar hoe bemoedig jy sonder die waarheid van Jesus? Ek noem dit comedy to Gospel. By funksies waar ek nie die Evangelie mag preek nie, doen ek my komedie, maar vertrou die Heilige Gees hoe om my getuienis te deel. Ek skryf vir niemand voor wat hulle moet glo nie, maar ek vertel hulle van my lewe …

Jy stel jouself baie bloot in die vertonings. Is dit vir jou moeilik?
Wanneer ons onsself kwesbaar maak, soos ek tydens my vertonings omdat baie van die grappies eintlik ten koste van myself is, maak mense hulle harte vir jou oop. Maar omdat ek heel en geliefd is in Jesus, het ek ook nie regtig ’n saak daarmee of jy mét of vír my lag nie. Ek wil net hê jy moet lag, want jou hart is so oop wanneer jy lag.

Jy sê jy tref in jou lewe nie onderskeid tussen die ‘secular and sacred’ nie. Wat bedoel jy daarmee?
Elke platform in ons lewens kom van God af. Wat ons daarmee doen, is ons keuse. Of dit jou werk, jou sosiale media of by ’n braai is, ons kan kies of ons dit vir Hom gaan gebruik of nie. Maar as jy op die troon van jou lewe is, is jy nie op die uitkyk vir geleenthede om die gemeenskap of jou naaste te dien nie. Wanneer jy ses aande van die week oop het, vra vir die Here: Wie van my bure is nuut? Wie het nie community nie? God wag vir ons. Hy is opgewonde oor die dinge wat Hy deur ons wil doen. Hy vra nie wie is slim of het ’n salwing nie. Hy vra wie is gewillig, want Hy wil ons so graag aanraak en dan ander deur ons. Hy noem ons medewerkers, maar dis 99% Hy en 1% ons. As jy begin besef God het die hele tyd lief – God wil die hele tyd genees, Hy wag net vir ons om beskikbaar te wees – verander jou benadering. Hy is gewillig – is ons?

MARIETTE LOUBSER is beskikbaar vir stand-up-vertonings en/of bediening. Sy bedien ook in Engels. Kontak haar by netmariette@gmail.com


4 Junie

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org