Deur: Francois Carr

Jesus het tydens die Fees van die Toewyding in Betanië aangekom en is in die huis van sy lojale vriende Maria, Martha en Lasarus verwelkom. Maria het haar gehaas om aan die voete van Jesus te gaan sit en na Hom te luister. Sy was gretig om by Hom te leer. In die evangelies word sy drie keer aan die voete van Jesus gevind. Afgesien van hierdie gedeelte in Lukas 10, val sy in Johannes 11:28–37 aan Jesus se voete neer en in Johannes 12:3 aanbid sy Hom deur Sy voete te salf.

Praktiese voorbereidings
Terwyl Maria aandagtig na die woorde van lewe geluister het, was Martha besig om ’n maaltyd vir Jesus en Sy dissipels voor te berei. Dit was nie verkeerd om besorg te wees oor die voorbereidings nie, maar sy was geïrriteerd met Maria. Miskien het sy gedink: Hoe gaan ek hierdie maaltyd betyds klaarkry? Sy moes soveel doen en Maria het net daar gesit en niks gedoen nie!

’n Liefdevolle vermaning
Martha vind egter nie net fout met Maria nie, maar ook met Jesus. “Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat dien het nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.” Maar die Here antwoord: “Martha, Martha, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge. Maar een ding is nodig, en Maria het die goeie deel gekies wat nie van haar weggeneem sal word nie” – Lukas 10:40-42. Martha het ’n geldige saak gehad, maar Jesus het haar vermaan. Hy het haar houding nie goedgekeur nie en op ’n sagte, liefdevolle manier geantwoord. Sy moes daardie dag ’n waardevolle les leer.

Wat is regtig belangrik in die lewe?
Wat bedoel Jesus as Hy sê: “Maar een ding is nodig”? Hy het eintlik gesê: “Die een ding wat belangrik is, is om by My te wees en na My woorde te luister. Dit is ’n oproep om lewensprioriteite te bepaal en te besluit wat regtig belangrik is in die lewe. Eer-stens moet die Here altyd ons eerste prioriteit wees – voor enigiets anders. Toe Jesus die huis binnekom, was die eerste ding wat Maria vir Hom gegee het haar onverdeelde aandag.
Broer Lawrence, die bekende outeur van The Practice of the Presence of God, het gesê: “I have looked on God as the goal and end of all the thoughts and affections of the soul. I have come to see that my only business is to live as though there were none but He and I in the world, and I have sought only to live for Him.” Joy Davidman, C.S. Lewis se vrou, het gesê: “We must want God so much that everything else becomes irrelevant.”

Wat trek jou aandag van Jesus af?
Om die Here voorkeur te gee, beteken dat ons na Sy stem en Sy woorde luister. Wat doen ons met dít wat ons by die Here hoor? As ons die vlugtige, onbenullige bekommernisse van hierdie lewe bo die woorde van die Here plaas, kan ons netsowel by Martha in die kombuis aansluit. Wat is die naam van jou “kombuis”? Wat is daardie ding wat dalk geldig is, maar jou daarvan weerhou om by Jesus te wees? Daardie ding wat maak dat jy nie na die woorde van die Here kan luister en dit gehoorsaam nie?

God se seën in ons lewens
As ons voorkeur gee aan Jesus en na Sy Woord luister, sal ons ’n seën ontvang – daardie goeie deel wat nie van ons weggeneem kan word nie. Maria het aan die voete van Jesus ’n diep bewustheid van vrede, veiligheid en versekering ontvang (Kol 3:15-16). God sal ons seëninge gee wat nie van ons weggeneem kan word nie. “U sal hom in volle vrede bewaar, wie se gedagtes by U bly staan” – Jesaja 26:3. Jesus het so gelewe. Hy het na Sy Vader geluister en was gehoorsaam; Hy wou hê dat Sy dissipels dit ook moes doen. God se bedoeling is dat Sy kinders in die rus lewe wat Hy voorsien het. Hy wil hê dat ek en jy ons lewensprioriteite moet bepaal sodat ons by Hom kan “wees” voordat ons dinge vir Hom begin “doen”. Dan sal ons die verskil tussen rus en werk, Sy werk en ons werke en Sy las en ons laste verstaan. Maar baie van ons se aandag word afgelei en ons beleef nie die volle seën van God se Woord in ons lewens nie.

Wat is sulke afleidings?
Dit is iets wat ons aandag wegneem van dít wat ons veronderstel is om te doen. Die betekenis van afleiding in Grieks is letterlik “om in alle rigtings getrek te word”. Henri Nouwen, skrywer en teoloog, het gesê dat hy gevoel het asof hy deur ’n reusewoordeboek ry, toe hy eenkeer in Los Angeles was. Daar was orals woorde en advertensies wat sê: “Use me, take me, buy me, drink me, smell me, touch me, kiss me.” Die Bybel het talle voorbeelde van sulke afleidings. Simson se aandag is byvoorbeeld deur ’n verhouding met ’n Filistynse vrou afgelei (Rig 14:6) en Demas se aandag is deur die kultuur om hom afgelei (2 Tim 4:10).

Plaas God bo alles
Ons almal het afgode soos verwagtinge, doelstellings, suksesse, gemaklike lewenstyle, ’n suksesvolle bediening of selfs spoggerige vakansies. Dit is alles afgode wat verwyder moet word om ten volle met God in verbinding te tree. Ons moet alle afleidings uit ons lewens verwyder, enigiets wat om ons aandag meeding en ons verhinder om God deur Sy Woord te hoor. Jesus het voor baie afleidings te staan gekom en ons sal ook, maar ons moet net soos Hy vir God bo enige ander prioriteit in ons lewens stel.


4 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org