In die sakewêreld asook die lewe is inspirasie en motivering van die belangrikste bestanddele tot sukses. By Legion of Lions streef ons daarna om hande te vat deur samewerking met mans en vroue van moed, met besighede en handelsname wat gemotiveerd en ambisieus is.

“Ek weet wat die antwoord op een van die grootste raaisels in die lewe is – hoe voel dit wanneer jy sterf? Ek weet, want dit het met my gebeur. Ek is in 2013 ná ’n gru-ongeluk in ’n fietswedren in die Italiaanse Alpe medies dood verklaar. Ja, ek het die dood ervaar – my hart het twee keer gaan staan. Hulle moes my twee keer met ’n defibrillator skok, terwyl dokters langs die pad in die prentjiemooi dorpie in die Italiaanse berge geveg het om my weer terug te bring. Die een oomblik het ek nog in die wedloop van my lewe deur die nou Alpynse strate gejaag en die volgende oomblik het ek met die Here gepraat, my liggaam vergruis. Wat gevolg het, het die res van my lewe gedefinieer. Ek het 22 bene gebreek, are in my nek en regterarm het gebars, my borskas is vergruis en my longe het platgeval. Ek het skielik van die hewigste pyn wat ek nog ooit beleef het, na die rustigste gevoel van vrede oorgegaan. Dit was hemels, soos niks wat ek al ooit voorheen of daarna ervaar het nie. Ek onthou ek het gesê: ‘Here, ek gaan sterf. Neem my asseblief.’”

Verbasende herstel
Die ultra-uithouer-fietsryer en Laureus Sport for Good-ambassadeur, Grant Lottering, se merkwaardige terugkeer uit die dood om weer die Alpe te verower en jaarliks nuwe rekords op te stel, verbaas die mediese beroep en gehore steeds. Dat hy van 2013 tot 2019 elf operasies ondergaan het, maak sy prestasies nog meer merkwaardig. Hy moes boonop in 2016/17 ook ’n kankeroperasie trotseer.

Inspirasie vir ander
God het Grant ’n tweede kans en ’n nuutgevonde doel gegee. Grant se merkwaardige verhaal het meer as 30 miljoen mense plaaslik en oorsee via die media bereik. Hy het sy verhaal, From death to the top of the Alps met gehore in meer as elf lande gedeel. Dit inspireer gehore om anders oor hulleself te dink, om nooit tou op te gooi nie, deur te druk en te volhard te midde van uitdagings.

’n String eerstes
In Augustus 2016 het Grant die eerste fietsryer geword wat binne 50 uur ’n ononderbroke solorit van 1 000 km deur die Franse Alpe voltooi het. In Julie 2017 moes hy ná 20 uur en 409 km weens hipotermie sy vierde Im’possible Tour in die Alpe laat vaar, maar hy het op 1 September 2018 teruggekeer vir sy vyfde Im’possible Tour. Hy het die lengte van die Franse Pireneë en Alpe binne 72 uur gery, nog ’n wêreld-eerste. Hy het 23 berge en ’n vertikale hoogte van 21 484 m aangedurf, terwyl hy slegs 3 uur en 40 minute geslaap het.

In 2019 het hy die felste solofondsinsamelingsrit in Suid-Afrika voltooi. Grant het die rit van Patensie na die Paarl op ’n bergfiets aangepak en voltooi sonder om te stop – 1 314 km in slegs 66 uur en 20 minute terwyl hy meer as 12 000 m geklim het.

Deur die genade van God het Grant Lottering ongelooflike beproewings te bowe gekom en geweldige vasberadenheid en deursettingsvermoë aan die dag gelê om God se doel in sy lewe te vervul. Hy gaan steeds voort om aan te pak wat volgens ander onmoontlik is.

Kontak Grant Lottering by grant@grantlottering.com

Ongeag die grootte of omvang van jou besigheid of die uitdagings wat jy trotseer, jy kan volhard en groei. Deur ons beweging kan ons jou bystaan, ’n leeu in ons groep.

SLUIT BY DIE BEWEGING AAN: kontak ons by strategy@legionoflions.com


25 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)