Deur: Herman de Kock

Groepsdruk intimideer elke kind. Dikwels sê ’n kind: “Maar almal in die skool dink so” of “Almal doen dit!” of “Wat gaan hulle van my dink, hulle judge ’n mens baie vinnig” of “Julle verstaan nie hoe dit is nie!” Laasgenoemde verskaf ’n goeie aanknopingspunt.

Gee as ouer toe dat jy nie die volle prentjie het of werklik kan verstaan nie. Dit gee jou die geleentheid om ’n kragtige voorbeeld van groepsdruk uit 1 Samuel 17 oor Dawid se geskiedenis te gebruik. Die hele leër van Israel skram weg van Goliat. Maar Dawid swem stroomop. Dan is daar die twee voorbeelde waar Dawid deur sy eie manne onder druk geplaas word om die kans te gebruik en vir Saul dood te maak (vergelyk 1 Sam 24 en 26).

Al twee kere laat Dawid se manskappe hom dink dat dit God se “wil” is. Dink net ’n bietjie aan die druk wat Dawid ervaar het. Soos sy manskappe vrees Dawid vir hul lewens; in die wildernis blootgestel aan Saul en sy soldate wat daarop uit is om hulle dood te maak. Dit moes vreesaanjaend gewees het toe hulle hoor wat Doëg, Saul se dienaar, aan die priesters van Nob gedoen het (1 Sam 22). Wat moes Dawid se manskappe gedink het toe Dawid in weerwil van hulle raad tog Saul se lewe gespaar het!

Ek is seker die druk wat Dawid ervaar het, is ’n goeie vergelyking vir die “druk” wat tieners ervaar, wat soms ook met “goeie” bedoelings en redes gepaardgaan. Wat is egter die verskil? In elke groepsdruksituasie is daar ’n keuse: Gaan jy jou steur aan wat mense dink of wat God dink? Dawid het elke keer op God se mening gefokus. Daarom was hy ’n man na God se hart.

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.
www.geloofstroom.org


21 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)