Deur: Herman de Kock

Jy sal ver soek om ’n mooier voorbeeld van vriendskap te kry as die van Dawid en Jonatan. En vriendskap is so belangrik vir elke kind, veral wanneer hulle die op-en-af-jare van tienerskap betree. Spreuke 18:24 beklemtoon hoe belangrik goeie en regte vriendskap is.

Wanneer ons deur 1 Samuel werk, sien ons hoe hierdie wyse woorde van Salomo in die praktyk vorm aanneem en ’n aantal baie belangrike kenmerke van vriendskap verskaf wat, soos Spreuke 18:24 dit stel, tot selfs ’n hegter band as broederskap sal lei. Die eerste kenmerk is in 1 Samuel 18:3 waar Jonatan sy mantel, gordel, boog en swaard vir Dawid gee. Dit is betekenisvol dat Jonatan, die kroonprins, sy uitrusting wat sy status verkondig, aan Dawid oorhandig.

Vir Jonatan is sy vriendskap met Dawid kosbaarder as sy status. Het jy ’n vriendskap waar jy dít wat vir jou kosbaar is vir daardie vriend gee? In vandag se terme kan tyd maklik kwalifiseer as dít wat kosbaar is. Nog ’n kenmerk van hierdie Bybelse vriendskap is in 1 Samuel 20:14-17 waar Dawid en Jonatan hulle getrouheid aan mekaar bevestig. Ongeag hoe moeilik dinge raak, of hoeveel tyd verloop, die trou wat Dawid en Jonatan aan mekaar sweer, staan vas. Ons sien ook dat Jonatan sy vriendskap met Dawid bo sy eie persoonlike belange plaas wanneer hy, ondanks sy reg tot die troon as kroonprins, homself ondergeskik aan Dawid as God se gesalfde stel (vergelyk 1 Samuel 23:16-17).

Die mooi voorbeeld van hoe Jonatan vir Dawid versterk in sy geloof en hom bemoedig, is treffend en is nog ’n kenmerk van Bybelse vriendskap. Die sleutel tot hierdie kenmerke van Dawid en Jonatan se vriendskap is dat hulle God in hulle vriendskap erken. Ons lees deurgaans dat hulle die Here as die fondament van hulle vriendskap erken (1 Sam 20:42).

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.


21 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)