Deur: Justine Pike

Ná tien jaar in die kinderbediening het ek geleer hoe waar dié verse is: “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele” – Matteus 19:14 (OV). “Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.” – Spreuke 22:6

Ons is geroep om ons kinders reg te leer oor God; om hulle aan Sy karakter en goedheid bekend te stel. Spreuke 22:6 het ook ’n belofte: Wanneer ons dít doen, sal ons kinders nie eendag afwyk van daardie pad saam met God nie.

Hoe leer jy jou kinders van God?
Begin om jou kinders van so klein as moontlik oor die Drie-eenheid te leer. Jesus het altyd in Sy gelykenisse (’n aardse storie met ’n hemelse betekenis) waarhede maklik verduidelik. Hier is ’n maklike manier om jou kinders van God te leer:

Die Drie-eenheid verduidelik aan die hand van ’n eier
Neem ’n eier en vra jou kind uit hoeveel dele die eier bestaan. Drie dele, né: die eierdop, die eierwit en die eiergeel. Verduidelik dat daar drie dele is, maar net een eier. Breek die dop oop om by die eierwit en eiergeel uit te kom. Verduidelik: “Net so dien ons een God, maar drie persone. Ons gebruik die woord “eier” vir elke deel van die eier, net so praat ons van God, die Vader; God, die Seun en God, die Heilige Gees. Al drie is God.

Jesus – die eierdop
Wys jou kind dat die eierdop soos Jesus is. Dit is die eerste deel van die eier wat jy sien. Jesus het ’n liggaam wat mense kon sien. Jesus is ook die enigste manier om by die Vader en die Heilige Gees uit te kom. Johannes 14:6-7 sê: “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.”

Jesus, die Liggaam, moes by die Kruis gebreek word, net soos die eierdop, sodat ons die Vader en Heilige Gees kon ontmoet.

Heilige Gees – die eierwit
Die eierwit is soos die Heilige Gees. Hy is deurskynend en ons kan hom nie sien nie. Soos die wind (hier kan jy op jou kind se hand blaas) kan ’n mens Hom nie sien, maar jy kan Hom ervaar soos jy die wind kan ervaar en sien hoe dit die blare waai. Die deurskynende eierwit verander na wit as dit gaargemaak word, net so word die Heilige Gees in jou lewe sigbaar wanneer jy gevul word met die Heilige Gees en God se krag ontvang. Handelinge 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.”

God, die Vader – die eiergeel
Die eiergeel is soos God, die Vader. Hy bly in die Hemel waar die strate van goud gemaak is. In Hom is alle lewe.

JUSTINE PIKE is een van die leraars van Die Bron-kerk en is aan die hoof van die kinderbediening. Kontak haar by justine@diebron.co.za


6 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org