Deur: Justine Pike

Johannes 3:16 verduidelik vir ons hoe ons gelyk het voor ons redding en hoekom dit belangrik is om ons lewens vir Jesus te gee. Jy kan Johannes 3:16 op ’n maklike manier aan jou kinders verduidelik. Neem ’n pen en vra hulle: “Is hierdie pen lewendig of dood?” Natuurlik is dit dood. Laat val die pen en vra of die pen uit sy eie weer op kan beweeg na jou hand toe. Nee, dit kan nie. Die enigste manier hoe die pen weer bo kan uitkom en gebruik kan word, is as iemand wat lewe afbuk en dit weer optel. Slegs dan kan die pen weer skryf.

Die pen kan stry dat dit altyd mooi op die lyne skryf, nooit spelfoute maak nie en baie gaaf is met al die ander penne in die pennesakkie. Gaan dit die pen weer help om boontoe te kom, beweeg dit vanself? Nee. Omdat die pen dood is, is sy werke ook dood.

Tel nou die pen op en skryf “God/Mens” links bo op ’n vel papier en verduidelik: Die mens is na God se beeld geskape en het saam met God in die Tuin van Eden gewandel. Die sondeval het toe alles verander. Die mens het doodgegaan en uit God se teenwoordigheid geval.

Trek “Mens” dood en skryf “Mens” links onder op die papier. Net soos die pen se werke dood is, is ons menslike werke om weer terug by God uit te kom, dood. “Kerk toe gaan, om goed te wees (goeie dinge te doen), ander gelowe” is alles maniere wat ons probeer om weer nader aan God te kom, maar dit is soos ’n dooie pen wat probeer om self op te beweeg van waar dit geval het.

God se verlossingsplan
Lees Johannes 3:16: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het.” Trek die eerste lyn van die kruis wat afbeweeg na die mens toe. Verduidelik: Hy het ons doodsheid op Hom geneem en op die Kruis ons sonde gedra. Die lewende God het afbeweeg na ons, die gevalle mens.

Die vers sê verder: “… sodat dié wat in Hom glo …” – dit is waar ons keuse inkom. As jy nie opgetel word en nie jou lewe vir Jesus gee nie, bly jou gees dood. Skryf die woord “dood” regs onder in die hoek neer. Maar as jy in Jesus glo, word jou gees lewend en tel Jesus jou op.

Die vers gaan voort: “sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie …” Dit beteken “dood” word uit jou lewe verwyder. Trek die tweede lyn van die kruis wat opbeweeg boontoe en eindig. Sluit af met die laaste woorde van die vers “… maar die ewige lewe sal hê.” Skryf die woord “lewe” regs bo in die hoek.

Dit is jou keuse
Jou keuse bepaal of jy lewe of dood gaan ervaar. Sê die hele vers weer saam met jou kind op en verwys na die diagram terwyl julle dit doen.

JUSTINE PIKE is een van die leraars van Die Bron-kerk en staan die hoof van die kinderbediening. Kontak haar by justine@diebron.co.za


12 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org