Deur: Herman de Kock

Dit is onafwendbaar dat ons kinders in hierdie tye baie geïntimideer word deur wat aan die gang is. Kyk maar net wat het in Julie afgespeel kort na die instelling van die vlak 4-inperking.

Geen mens sou kon dink dat ons op televisie sou sien hoe groot dele van die land aan die brand is nie. Kinders het gekyk na inkopiesentrums wat in swart rook opgaan. Voeg daarby die uitwerking van die dreigende COVID-virus wat elkeen van ons direk of indirek raak, dan is dit ’n resep vir baie kinders om beangs te wees.

Hoe help ek my kind om hierdie omstandighede te hanteer? As ouer is ek self wankelrig in my geloof. Ons leer by Dawid hoe om ’n situasie waar ons deur vrees oorweldig word, te hanteer. Hoeveel van sy psalms getuig van tye van baie vrees en onsekerheid. Kyk maar net na Psalm 13. Die “gebed” begin by ’n totale laagtepunt en eindig dan in totale vertroue op die Here – ongeag omstandighede.

Daar is ’n struktuur in Psalm 13. Om by vertroue in die Here uit te kom, beskryf Dawid eers sy vrees en moedeloosheid voor God. Dan is Dawid eers in ’n posisie om alle vertroue in God te stel en oor te gee. Kom ons leer ons kinders om dieselfde te doen. Ons mag maar erken dat ons oorweldig voel. Ons mag maar erken wat in ons emosies aangaan.

Soos Philip Yancey in ’n stadium gesê het: “Ek het respek vir ’n God wat nie net toelaat dat ek my hart voor Hom kan uitstort nie, maar vir my ook die woorde daarvoor gee – kyk maar na Psalms, Klaagliedere, ens.” Kom ons leer ons kinders dat ons met al ons vrees en moedeloosheid na God toe kan gaan. Kom ons leer ons kinders om dan sodoende God se almag te herken en Hom ten volle te vertrou.


28 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org