Die erns van die sonde en verval wat die mens in God se skepping ingebring het moenie onderskat word nie. Ek dink nie ons besef hoe sleg dinge op aarde was teen die tyd van Genesis 6 nie – ondanks die feit dat dié wat God gesoek het, Sy nabyheid kon beleef.

Kyk byvoorbeeld na Henog in Genesis 5:22-24 en hoe naby Noag aan God was (Gen 6:9). Die boosheid was net te veel – soveel so dat God spyt gehad het. Tog besluit Hy om die mensdom nie uit te wis nie, maar betoon genade aan Noag en sy gesin. Genesis 8:1 onthul weer eens die karakter van God. Sy gedagtes is by die mens. Hy het gedink aan Noag en sy gesin in die ark. Die daaropvolgende hoofstukke gee vir ons verder insig in ’n God wat nie die mens los nie. Hy bly deurgaans betrokke.

Van die roeping van Abram, uit wie ’n nasie sou kom, tot die baba van die slavin, Hagar, wat in die woestyn sit en huil. God hoor ons denke. Hy hoor ons gebede. Hy gee om. Hierdie Skepper van die heelal gaan selfs so ver om na Abraham se pleidooi vir Sodom te luister en Jakob toe te laat om ’n nag lank met Hom te worstel. Hierdie nabywees en belangstelling van God die Skepper word bevestig deur Jesus – God in mensvorm – wat tyd gemaak het om na tollenaars se huise te gaan en om die trane van ’n treurende weduwee in hoop te omskep.

Wanneer jy vir jou kinders van Noag, Abraham, Jakob en sy worsteling vertel tot by al die wonders wat Jesus gedoen het, maak seker dat jy die karakter van God uitwys as Iemand wat naby is, wat hoor en wat omgee. Rond dit af met die versekering dat Hy steeds naby is – soos Handelinge 2 ons leer. Ja, Jesus se belofte van die Heilige Gees (Joh 14:26) word waar wanneer Petrus, ’n visserman wat heel waarskynlik nie goed kon lees nie, die profeet Joël aanhaal (Hand 2:16-21). Hy is waarlik Immanuel, God met ons!

HERMAN DE KOCK is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak hom gerus via e-pos by info@geloofstroom.org, www.geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.


2 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org