Deur: dr. Elza Meyer

Die COVID-pandemie, onluste en plundery in ons land, laat ’n mens ánders na die lewe kyk. Besittings, status en geld vrywaar niemand van onvoorsiene gebeure nie. Skielik besef ’n mens iets wat jy eintlik nog altyd weet, naamlik dat elke oomblik tel.

Fokus op die hier en nou
Dit is so maklik om die oomblik wat die Here jou nóú gee, onbenut te laat verbygaan omdat jy vasgehaak het by die verlede of verstrengel geraak het in alles wat op die oomblik rondom jou afspeel. “Present-moment living, getting in touch with your now, is at the heart of effective living. When you think about it, there really is no other moment you can live. Now is all there is, and the future is just another present moment to live when it arrives.” – dr. Wayne Dyer

ONDERSKEI OF JY VAN OOMBLIK TOT OOMBLIK DOELBEWUS LEWE

Is jy bewus van die genot van die lewe?
Daar is soveel alledaagse praktyke wat spesiaal is wanneer ’n mens kies om elke oomblik te koester. Ons een kleinseun geniet dit vreeslik as ek vir hom krummelpap maak. Mondjie vir mondjie kou hy die bottersagte krummels terwyl hy geluidjies van genoegdoening maak. Daar is niks lekkerder as om ontbyt saam met hom te eet en die vroeë oggend saam met hom te waardeer nie. Geniet jy nog jou kos? Weet jy wat jy eet en onderskei jy die smake?

Is jy nog meelewend?
Een van ons ander kleinseuns voer die wonderlikste telefoon-gesprekke. Hy gesels met belangstelling en vertel nie slegs van sý wedervarings nie. Hy wil ook weet wat ék doen en beleef en in sy antwoorde hoor ek meelewing. Sy gedagtes is nie by die rugbybal op die gras of die hond wat aandag soek nie. Hy is betrokke in die gesprek en wanneer ek hom groet, voel ek geliefd. Is jy nog meelewend betrokke in jou gesprekke met mense?

Geniet jy nog jou werk?
Ons werk én aanbidding kan afgestomp raak wanneer ons koppe en ons lywe nie op dieselfde plek is nie. ’n Jagter vertel hoe ’n San-spoorsnyer hom gehelp het om ’n gekweste bok op te spoor. Ná baie ure se spoorsny het die spoorsnyer gaan sit. Dit het nie saak gemaak hoe mooi die jagter gepleit het nie, hy wou nie ’n tree verder loop nie. Uiteindelik het die jagter gevra: “Wanneer kan ons dan weer loop?” Die spoorsnyer het geantwoord: “Ons sal loop, wanneer my hart weer my lyf gekry het.” Is jou hart en jou lyf nog op dieselfde plek? Aanbid jy ons Skepper met jou hele wese? En geniet jy nog jou werk met al sy uitdagings?

Jou brein is ’n kragtige instrument
Ons brein is ’n tydmasjien wat ons maklik teruglei na ons verlede of ons in ons toekoms projekteer. Terwyl ons besig is om oor die verlede te peins of ons oor die toekoms bekommer, gaan die oomblik waarin ons voluit kan lewe by ons verby.

Elke dag bring verrassings
Onthou, die lewe is eintlik net ’n reeks momente. Wanneer jy die oomblik aangryp, vervaag jou verlede en wag jou toekoms geduldig op jou. Die een wat elke oomblik aangryp en geniet, sal vind dat élke dag heelwat heerlike verrassings bring.

Vertrou die Here met die tye van jou lewe
Moenie ’n slagoffer wees in die tyd wat die Here vir jou op aarde afgemeet het nie. Vertrou jou verlede aan Jesus toe. Hy reinig jou van alle ongeregtigheid en vul jou met dié vrede wat alle verstand te bowe gaan. Vertrou jou toekoms toe aan God wat buite tyd bestaan en alles vir jou ten goede wil laat meewerk.

Gebruik elke oomblik van elke dag en …
• waardeer jou gesondheid
• geniet jou gesin
• bemin jou lewensmaat
• eer jou Skepper
• bewonder die natuur
• slaap diep
• werk hard
• eet lekker
• kuier saam met vriende
• lag uit jou maag uit
• huil jou hart uit
• omhels iemand
• wees vry!

Elke sekonde is ’n geskenk van die Here af. Jy kry elke jaar 31 536 000 sekondes. Lééf elke oomblik voluit!

DR. ELZA MEYER is die stigter van Turn2God-bedieninge wat landwyd en internasionaal geloofsgemeenskappe oproep en toerus om hulle na God te wend. Kontak haar by elza@turn2god.co.za


14 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org