Deur: Wilbrie Fourie

Van kleins af het my oumagrootjie my geleer hoe belangrik dit is dat ek ’n gentleman moet wees. En om eerlik te wees – ek wou een wees. Tot ’n groot mate is die tradisie om ’n heer te wees een van daardie dinge wat baie van ons doen sonder om te wonder waar die tradisies en gebruike vandaan kom.

Galante heer?
Byvoorbeeld: Julle gaan op ’n mooi somersdag winkelsentrum toe. Terug by die motor maak jy vir die vrou in jou lewe haar deur oop en wanneer sy in is, maak jy dit toe. Jy is in jou skik. Jy stap om die motor, gee vir die karwag sy geld en klim in. Volgens jou was jy pas baie galant, maar in werklikheid het jy jou vrou in ’n warm motor laat wag, sonder die lugreëling of dat sy die venster kon oopmaak – want jy het die sleutel …

In die begin was daar …
Vir ons behels om ’n gentleman te wees dat jy dinge vir ’n vrou of ander doen om jou agting of respek te betoon. Daarom laat jy haar eerste instap en trek jy die stoel vir haar uit. Maar in werklikheid lê die oorsprong in die volgende woorde: farthingales, crinolines, panniers en bustles. Hoewel die woorde vir jou onbekend is, is dit die name van die soort hoepel- en mandjierokke wat dames, veral ryker dames, vroeër jare gedra het.
Mans moes noodgedwonge die deure oopmaak of stoele uittrek terwyl die dames die meters materiaal hanteer het. Deurknippe van die eerste motors was ook stram en het dikwels ’n bietjie mannekrag geverg. Mettertyd het hierdie gedrag sinoniem geword met ’n man wat omgee vir sy gade en dit het tradisionele, romantiese gentleman-gedrag geword. Dus is die gentleman se optrede die gevolg van situasies waar hy die vrou se lewe kon vergemaklik.

Bedreigde spesie
Hoewel daar steeds ware here is, lyk dit of die geleenthede om een te wees, in die tradisionele sin van die woord, verminder het. Ons dra nie meer hoede nie, wanneer lig jy dus jou hoed vir iemand? Die heer se rol by deure van geboue word vandag vervang deur ’n sensor wat die deur vir ieder en elk oopmaak. Hoe dit ook al sy, ek dink nie die gentleman in ons is weg nie.

DIE NUWE GENTLEMAN

Aangesien my ouma-grootjie my geleer het dat om ’n heer te wees eerder ’n karaktertrek as ’n string aangeleerde maniërismes is, weier ek om te aanvaar dat die era van gentleman-wees verby is. Ek glo daar is vandag juis méér geleenthede vir ons, ons moet dit net raaksien! Daar is verskeie geleenthede om die liefde van ons lewe met haar hedendaagse take en pofrokfrustrasies te help. Hier is my reddingsboei, riglyne en etiese kode vir elkeen wat homself in die moderne tyd ’n gentleman wil noem:

Die moderne gentleman is iemand wat:
• verstaan dat die eerste sonar net so belangrik is as julle troudag;
• seker maak sy vrou se selfoon snags gelaai word;
• haar skermbeskermer vir haar foon vervang wanneer dit nodig is;
• haar rekenaar se recycle bin skoonmaak en van tyd tot tyd ’n disk clean-up doen;
• seker maak haar Facebook se sekuriteitsverstellings is soos wat sy dit wil hê;
• spam-e-posse blok wat sy nie meer wil ontvang nie en haar unsubscribe van al wat ’n Nigeriese lotery-wenbrief is;
• seker maak haar programme dateer op sodat sy nie elke keer die later-knoppie hoef te klik nie;
• weet dat emoji’s werklik haar emosionele welstand kan beïnvloed;
• reageer op haar WhatsApp-boodskap op die groepie as niemand anders dit doen nie (al is dit net ’n emoji);
• Masterchef en van haar ander gunstelinge op die PVR opneem;
• weet dat basil, coriander en tiemie nie universiteitspelle se name is nie;
• haar GPS op die regte bestemming instel, alvorens sy ry;
• sy foon op silent sit tydens aandete;
• nie soos Justin Bieber aantrek nie;
• weet dat jy nie winkelsentrum toe gaan in jou fietsrybroek nie;
• sy e-bucks gebruik om vir haar iets te koop;
• die geiser betyds aanskakel;
• die stootwaentjie vir haar laai en seker maak die karstoeltjie is in die regte motor; en
• sy laaste Rolo vir haar sal gee.

Viva romanse!

En net voor al die feministe en vroueregtegroepe my kruisig: ’n Vrou kán – soos nog altyd – enige van die bogenoemde take self doen en heeltemal goed self sien kom klaar, ongelukkig is dit net nie so romanties nie.

Lank lewe die gentleman!


1 Augustus 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org