Deur: Herman de Kock

Wanneer ons saam met ons kinders deur die Evangelies begin werk, maak Jesus se teenwoordigheid, as Seun van die Almagtige, die konsep van God meer tasbaar vir die kinders. Tog help die vertellings van Jesus se tyd op aarde, tussen mense, ook om te verstaan dat Hy weet wat ons deurgaan – Hy weet hoe dit voel. Die Evangelies verskaf ’n rykdom van verhale wat enige kind se aandag sal boei en die verbeelding sal aangryp.

Dit wentel alles om Jesus en wat Hy vir ons kom wýs het deur saam met mense te lewe, te eet, treur, lag en te stap. Lukas 4:43 beklemtoon hoe belangrik die werkwoord “wys” is. Jesus se lewe op aarde is onder meer ’n heenwysing na die Koninkryk van God – die plek waarheen almal wat Jesus as die Seun van God en hulle Redder aanvaar, uitgenooi is. Elke wonderwerk van Jesus is ’n tasbare demonstrasie van God se karakter.

Maar dit is ook ’n teken wat heenwys na die plek waarheen Jesus ons nooi – waar daar nie meer siekte, trane of dood sal wees nie. En baie belangrik: Elke verhaal van wat Jesus op aarde gedoen het, moet so vertel word dat dit ons kinders help om deur die sleutelgat te kyk na die feesviering saam met Jesus (soos in Openbaring 19 beskryf) en die nuwe hemel en aarde (soos vanaf Openbaring 21). Hoe lyk hierdie sleutelgat? Dit is in die vorm van ’n kruis op Golgota en die leë graf.

Elke vertelling van Evangelies moet ons kinders help om deur hierdie kruis en leë graf na die ewigheid te kyk waarheen Jesus ons neem. Só kom die Kers-vertelling tot sy volle betekenis: Ja, dit behels die Baba Jesus uit die maagd Maria en die opwinding van herders in die ope velde, maar die kern is die heenwysing na die Seun van God, (God self), wat uit Sy posisie van almag en heerlikheid in die Hemel neergedaal en saam met die mens op die paaie van hierdie wêreld kom loop het, soos wat Paulus so mooi in Filippense 2:5-11 beskryf.

Herman de Kock is ’n deeltydse vrywillige prediker en hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak hom via info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram.


29 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org