Deur: Julita Kok

Tanzanië is ’n baie besonderse land. Hoewel ’n Moslem-nasie, is hier nogtans baie Christene. Vir my is dit beslis tot dusver die mooiste land.

Ek het van Mbeya (in die suidweste) tot in Arusha (in die noorde) gereis en Kilimanjaro gesien. Vandaar is ek na die Serengeti – die wye oop vlaktes slaan absoluut jou asem weg. Om te sien hoe die diere daar lewe, het my iets van God geleer. Die geduld wat hulle aan die dag lê wanneer hulle jag, het my laat dink aan die gesegde: “Goeie dinge kom na dié wat geduldig wag.” Ek het ook pragtige warmwaterbronne ontdek, maar hierdie reis gaan oor mense – en die mense wat ek ontmoet, verander my lewe.


Die werkswinkel waar ek ontdek het hoe God my beskerm het

Mense op my reis
Ek het dié ontmoet wat hulle lewens vir Jesus opoffer; mense wat woude plant vir die nageslag; mense wat VIGS-babas versorg tot en met hulle dood. Ek het vlugtelinge uit Iran ontmoet en soveel ander interessante sendelinge en mense. In hierdie episode wil ek egter graag deel hoe God my weer eens vooruitgegaan het.

Teëspoed in die Serengeti
Terwyl ek in die Serengeti leeus gevolg het, was daar skielik ’n geweldige slag – een van my motor se bande het gebars. Dit was sleg, maar gelukkig het ek twee spaarbande. Nadat die band, wat heeltemal onbruikbaar was, vervang is, was daar darem nog ’n ander spaarband oor. Die volgende dag het daar egter nog ’n band gebars – ook heeltemal onherstelbaar. Albei bande moes weggegooi word en ek het geen spaarbande gehad nie. Twee bande binne twee dae!

Verborge seën
Terug in Arusha het ek na ’n motorwerkswinkel gegaan om twee nuwe bande te koop. Terwyl die tegnikus aan die wiele werk, vertel hy my hoe gelukkig ek is dat al twee bande gebars het. Vir my het dit nie so gevoel nie, eerder meer soos teëspoed. Toe ek hom vra hoekom hy so sê, antwoord hy dat die remskoene heeltemal gaar is. Dit moet weggegooi word. Ek sou nie die volgende dorp ongedeerd gehaal het nie. As net een band gebars het, sou ek my motor nie na die dienssentrum gebring het vir nuwe bande nie en sou ek nie geweet het van die remme nie.
Selfs in die “ongeluk” het God my vooruitgegaan en beskerm. En so ken ek Hom op hierdie reis. Hy is my altyd ’n tree vooruit. Ek is in sulke veilige hande – Sy hande.

JULITA KOK is die uitvoerende hoof van NueLight. Kontak haar by julita@nuelight.co.za


28 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org