Deur: Julita Kok

Malawi, die land met die baie sendelinge. Dit het my asem weggeslaan dat mense hulle lewens so onbaatsugtig vir die Here neerlê. Met harte vol liefde lewe hulle baie eenvoudig tussen die mense; geen opoffering is te groot vir die Koning van alle konings nie. Ek het soveel respek vir hierdie sendelinge.


’n Gebou wat dien as ’n kerk.

Ek het ’n groot gedeelte van my reis in Malawi langs die meer afgelê. Dit is ’n bron van lewe uit die hand van God vir die mense. Hulle bad in die meer, was hulle wasgoed en skottelgoed daarin, swem en vang vis – alles in die Malawi-meer. Die mense se bestaan wentel om die meer. Om vroeg soggens of laat middag langs die meer af te stap, is soos om op ’n markplein te wees. Dit is ’n mengelmoes van kleure, reuke en klanke – kinderstemme, voëls, vroue wat giggel, meisies wat sing, mans wat praat oor hulle vangste.

Dit het my laat dink aan Jesus wat langs die see van Galilea geloop en Sy dissipels geroep het – mans besig om hulle nette te herstel, vrouens wat die gebeure van die omgewing bespreek en kinders wat in die water baljaar. ’n Eenvoudige lewe soos die Malawiërs ook voer. Maar tog so ryk, want familie is alles.


Die meer is ’n belangrike lewensbron vir die Malawiërs

Eenvoud in aanbidding
Die Malawiërs is baie vriendelike mense en lief vir die Here. Ek was in eenvoudige kerkies waar ons mense nie ’n voet sal wil sit nie (sonder vloere of sitplekke), maar ek was so bewus van God se teenwoordigheid omdat hulle honger is vir die waarheid. Ek is diep geraak hoe wonderlik dit is om die Bybel in jou eie taal te kan lees – wat ’n voorreg. Ek het weer eens gesien hoe materiële dinge nie alles is nie; ons het almal maar eintlik net kos in ons maag, klere aan ons lyf en ’n dak oor ons kop nodig. Matteus 6:25-34 het ek hier in lewende lywe ervaar. Die Malawiërs het my lewe verryk. Ek het weer eens my hart opgelig na Hom – die Een wat was, wat is en wat ewig sal wees.

“Beywer julle allereers vir die koninkryk van God … dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” – Matteus 6:33


8 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org