Deur: Julita Kok

Ek sit hier met die sproei van die Victoria-watervalle in sig. Dit voel onwerklik dat ek in Zambië is en reeds 4 000 km afgelê het. Om so deur Afrika te reis, is ’n ongelooflike avontuur. Dit is beslis nie vir almal nie, maar ek vind die eenvoud van die lewe van die mense van Afrika baie verfrissend.

Afrika is nie vir sissies nie. Kyk, as jy die eerste keer jou sit in die veld maak, bid jy dat geen slang naby jou sal kom nie en jy laat sak maar jou kop as daar ’n trok verbykom en jy aan die genade van die oomblik uitgelewer is. By die mark is meer brommers en vlieë as kos. Hier knyp jy ook oë toe en sê vir jouself dat duisende mense daagliks so lewe, niemand gaan daarvan dood nie – jy sal ook nie. En jy koop en jy eet.

Die gedruis van baie waters
Zambië is seker die mooiste land wat ek tot dusver gesien het. Die Victoria-watervalle het my asem weggeslaan. Toe ek daar in die sproei papnat reën, onthou ek die Skrif wat sê dat God se stem soos die gedruis van baie waters is. Dit het my oorweldig en al wat ek kon doen, was om in Sy teenwoordigheid te huil.

Onverwagse ontmoetings
Ek het die wonderlikste mense ontmoet en op die mees onverwagte plekke oor God gepraat. Daar was die soldaat op die grens by Zambië. Ons het oor evolusie gepraat danksy ’n bobbejaan in die agtergrond. Aan die einde van ons gesprek kon die soldaat instem dat ons na die beeld van God geskape is. Van die ander soldate het by ons aangesluit en almal het God aan die einde geprys.


Julita by van die kindertjies wat skoolop-leiding by die sendelinge ontvang

Vanoggend kon ek vir ’n jong Duitse vrou bid. Sy glo nie in God nie; ek het na haar verduideliking oor die wetenskap geluister en toe gevra of ek vir haar kan bid. Daar in die restaurant het ek gebid terwyl die Heilige Gees my lei. Sy het gehuil en my styf omhels. Sy het pas ’n boodskap vir my gestuur om dankie te sê vir die gebed en dat sy so bly is ons het ontmoet.

Mense wat dien
Ek het ook sendelinge ontmoet. ’n Groep vroue uit Amerika het ’n NRO wat 13 000 kinders versorg met 64 huise wat elk 12 kinders huisves. ’n Ander organisasie het plase gekoop en die plaaslike vrouens bemagtig om self te boer. Tussendeur word die Evangelie van Christus verkondig deur hierdie mense wat hulle lewens neerlê vir ander wat nie eers hulle eie nasie is nie.

Zambiërs, besonderse mense
Fietse is hier in Zambië ’n belangrike vervoermiddel en word vir allerhande dinge gebruik. En dan is daar die mense van Zambië, hulle is besonders. Sommige so arm, maar tog so ryk, want hulle verstaan dat familie eerste kom en dat gemeenskap van kardinale belang is.

’n Goeie Vader
Ek leer God al hoe meer as ’n Vader ken wat geen onderskeid tussen Sy kinders tref nie. Hy het almal lief; Sy planne vir almal is goed. Ook vir jou en my.

JULITA KOK is die uitvoerende hoof van NueLight, ’n musiekpublisiteitshuis wat omsien na Christelike kunstenaars wêreldwyd. Kontak haar by julita@nuelight.co.za


20 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org