Deur: Julita Kok

As jy nou al ooit ’n afkophoender sien rondhol het, dan het jy my die afgelope twee weke gesien. Die voorbereiding en papierwerk vir hierdie reis was astronomies van aard. Ek moes kophou, geduld aan die dag lê en God totaal vertrou dat alles betyds sal wees vir my vertrek. Soos altyd, het Hy my nie in die steek gelaat nie. Ek skryf hier vanuit Namibië. Botswana is reeds agter my.

Ek was so senuweeagtig om vir die eerste keer my tent op te slaan en alles wat daarmee saamgaan – al die tegniese goed – te onthou. Ek was heeltemal uit my gemaksone.

My pakstelsel het ook aanvanklik nie gewerk nie, die kratte is te groot en ek sukkel om goed te kry, tensy ek my kar uitpak. Ek kon een oggend nie koffie maak nie, want ek kon nie die reducer vir my gasstofie in die hande kry nie. Ek moes alles weer oor pak! Maar so leer ek en is deurentyd bewus van die teenwoordigheid van die Heilige Gees.

Gesprekke met vreemdelinge
My voertuig trek geweldig aandag en dis lekker, want dit maak gesprekke met vreemde mense moontlik. Hulle kom vra vrae en dit gee my geleentheid om oor ons Koning te getuig. Dit is so interessant hoe mense daarop reageer. Ek het nog niemand teëgekom wat hulle rug op my draai nie. Inteendeel, hulle loof die Here saam met my.


Hessel en Coby Visser by twee van die San-mense in Ghanzi

Onverwagse uitnodiging
Ek het een van die aande in Botswana by Hessel en Coby Visser oorgeslaap. Coby het my voertuig buite ’n koffiewinkel gesien, ingekom, my naam kliphard uitgeroep en my toe genooi om te kom oorslaap. Hulle het die afgelope 30 jaar bestee om die San (Boesmans) van Ghanzi se taal, Naro, aan te leer en Hessel het die hele Bybel in Naro vertaal. Dit was lekker om van die San-mense te ontmoet en ook na die Naro-koor te luister – voorwaar ’n belewenis!

Reisigers en vriende
Hierdie reis is anders as die vorige twee, want ek sal meestal iewers aankom, my tentjie opslaan en met die plaaslike mense meng. Dit maak my opgewonde. Waar ek ook al oorslaap, is daar altyd ander reisigers. Dit is vir my ’n vreugde om hulle raak te loop en te gesels oor die lewe, want iewers kom ons by die Here uit en dan kuier ons eers lekker. Ek ontdek hulle kultuur en hoe hulle die lewe, God en Sy woord sien. Ons kan oor enigiets gesels, want ons is almal net reisigers, niemand het ’n rang of status nie.


Die veld lyk pragtig ná die goeie reëns

Van Namibië na Zambië
Van Botswana het ek verder gereis na Buitepos in Namibië. Hulle het baie reën gehad en die gras staan geil. As hier ’n leeu moes wees, sou jy hom nie in die lang gras kon sien nie. Dit is mooi om te aanskou, want ’n jaar gelede het die diere gevrek weens die droogte, maar in ’n oogwink het God alles kom verander toe Hy Sy reën stuur.

Van hier vertrek ek nou deur die Caprivi-strook na Zambië. Tot volgende keer!


Daar is talle geleenthede om ander reisigers te ontmoet

JULITA KOK is die uitvoerende hoof van NueLight, ’n musiekpublisiteitshuis wat omsien na Christelike kunstenaars wêreldwyd. Sy is egter eerstens kind van God en gaan waarheen Hy haar stuur. Kontak haar by julita@nuelight.co.za


17 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org