Deur: pastoor Rudi Briel

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” – Filippense 4:13

Teleurstelling is ’n onaangename ervaring wat ons graag wil vermy. Dit is egter ’n ondervinding wat ons ’n paar keer op ons lewenspad sal teëkom. Die gevoelens van hartseer, mislukking, verwarring en verslaenheid kan so oorweldigend wees dat jy dit moeilik vind om verder produktief te funksioneer. Dit kan jou denkwêreld saboteer om ’n donker kolk van negatiwiteit te word; dit kan jou slapelose nagte besorg en jou gesondheid kelder.

SES MANIERE OM TELEURSTELLING TE BOWE TE KOM
1. MOENIE DIE TELEURSTELLING OORDINK NIE. Daar is nie antwoorde op al ons vrae nie en ’n gebroei oor teleurstelling sal net tot uitputting lei. Vestig jou gedagtes en emosionele energie op die positiewe.
2. WAAK TEEN VEROORDELING. Selfveroordeling of veroordeling van ander sal jou innerlike toestand versleg. Vergewe waar nodig (ook jouself) en die deur na genesing sal oopgaan.
3. MOENIE VIR EWIG TREUR NIE. Hoewel almal nie op dieselfde wyse en teen die dieselfde tempo treur nie, moet daar ’n afsnypunt aanbreek. Besluit om op te hou treur oor teleurstelling.
4. PAS AAN. Teleurstelling verg aanpassing, wat nie altyd maklik is nie, maar tog moontlik is. Herposisioneer jouself en kry al die faktore bymekaar wat nodig sal wees om jouself weer te anker.
5. BEWEEG AAN. Die teleurstelling het gebeur. Kyk wat jy daaruit kan leer – en beweeg aan met jou lewe. Beplan jou lewe nuut, stel ander doelwitte, soek na nuwe avonture en raak weer entoesiasties oor jou eie lewe.
6. HOU AAN GROEI. Iets wat nie groei nie, gaan dood. Teleurstelling bewerk juis dikwels die beste groei. Hou aan groei – en lewe!

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by admin@agscenturion.co.za


16 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org