Deur: David Malherbe

Ek is deel van ’n paar Facebook-groepe met “die goeie ou dae” as tema. Daar verskyn gereeld foto’s en besprekings van dinge, mense en gebeure wat met nostalgie onthou word. As ons kyk hoe deurmekaar die wêreld deesdae is, is dit maklik om te sê die ou dae was beter.

Planne omvergegooi
Hoe beplan ’n mens enigiets in ’n wêreld wat so onseker en deurmekaar is? Vriende van ons se dogter moes twee weke voor haar troudatum hoor die president kondig nuwe inperkingsmaatreëls aan wat meebring dat mense nie hul troue kan bywoon nie. Hoe nou gemaak? Stel jy die huweliksdatum uit of gaan jy voort met die troue met net die huweliksbevestiger en ouers/getuies teenwoordig? Wat gebeur met die besigheid waar die onthaal sou plaasvind asook die ander wat ’n verskeidenheid van produkte en dienste sou voorsien?

Die goeie ou dae
Toe ons jare gelede getrou het, kon ’n mens met redelike sekerheid alles lank vooruit beplan en een van die min redes hoekom ’n troue dalk nie sou plaasvind nie, was as die bruid of bruidegom koue voete gekry het. Deesdae is baie van ons nie eers seker of ons môre by die kantoor of by die huis sal moet werk nie.

Nie alles was beter nie
Kyk ek egter na hoe die vooruitgang in tegnologie ’n mens se lewe vergemaklik, besef ek telkens dat baie dinge in die ou dae nie beter
was nie.

In ’n vorige uitgawe het ek gemeld dat ons besig is om te verhuis en teen die tyd wat hierdie tydskrif verskyn, sal ons waarskynlik al aan die Weskus woon. Ons moes tydelik elders woon en ons meubels stoor. Danksy die hedendaagse tegnologie, kon ons ongestoord met ons werk voortgaan. Met die hedendaagse rekenaars, mobiele internetkonneksie, telefoon, drukker en selfone pak jy vanoggend hier op en vanmiddag kan jy weer met volle konnektiwiteit op ’n ander plek aan die werk wees.

Vroeër, met kabelgekoppelde telefone, moes ’n mens aansoek doen vir ’n telefoonlyn by jou nuwe adres en was jy gelukkig as dit binne ses weke weer telefonies verbind is.

Waar is die dae dat briewe op tikmasjiene getik moes word en kopieë met behulp van ’n wasvel en afrolmasjiene gemaak moes word, om dan in geadresseerde koeverte met seëls by die poskantoor gepos te word en eers dae later die ontvanger te bereik? Deesdae CC of BCC jy net die brief aan wie ook al jy dit wil stuur, of gebruik ’n aanlyn massa-e-posdiens. Salomo het gesê: “Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat ’n mens so sê nie.” – Prediker 7:10

Die tydelikheid van ons aardse bestaan
Tog wonder ’n mens hoe jy moet voortgaan in ’n wêreld waar die president se aankondiging oornag duisende besighede se deure sluit en mense wat kwansuis ongelukkig is oor die verloop van sake, voertuie en besighede plunder en afbrand. Dit alles terwyl COVID-sterftes van familie en vriende ons almal opnuut herinner aan die tydelikheid van ons aardse bestaan.

Gaan bestendig voort
Gegrond op die resultate van sy navorsing, glo ek Jim Collins gee goeie raad in sy boek, Great by Choice. Eerstens skryf hy oor die “20 Mile March”. Dit kom kortliks daarop neer dat alle besighede goeie en slegte tye beleef. Hy waarsku dat ’n mens nie gedurende moeilike tye op ’n hoop moet gaan sit en niks doen en in goeie tye oorboord moet gaan met uitbreidings nie. Die beste manier van vooruitgang is om so bestendig moontlik te probeer voortgaan ondanks die op- en afswaaie wat jou te beurt mag val.

Volg Jesus se voorbeeld
Jesus was ’n goeie voorbeeld. Hy het koersvas voortgegaan met Sy bediening en Sy werk voltooi ondanks ’n verraaier, ’n verloëner en ’n twyfelaar in eie geledere (Judas, Petrus en Tomas) asook toe Sy eie dorp se mense Hom van ’n berg wou afgooi (Luk 4:29) en terwyl skrifgeleerdes voortdurend beplan het hoe hulle van Hom ontslae kon raak. Hy het voortgegaan en steeds almal dieselfde behandel. Toe Sy eie mense Hom laat kruisig, het Hy gesê: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” – Lukas 23:34

Verminder die risiko
Tweedens is Collins se raad: “Fire bullets, then cannonballs.” Dit kom daarop neer dat dit wys is om eers jou tone in die water te steek voordat jy groot kanse waag. Party noem dit “low-cost probes”. Dit is veral wyse raad in onseker tye soos hierdie. Hoekom jou onderneming se voortbestaan op die spel plaas as jy die nuwe waagstuk eers op ’n veel kleiner skaal kan aanpak en die risiko minimaliseer? As dit goed werk, kan ’n mens die groter risiko met meer vertroue aanpak.
Jesus het gesê: “Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. Hulle sal sê: ‘Hier is ’n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie’” – Lukas 14:28-30. Dit wil sê, “go big or go home” is nie altyd die beste raad nie.

Woon en werk rustig voort
Dawid gee ook goeie raad: “Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.” – Psalm 37:1-3 en Salomo sê: “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen.” – Prediker 9:10

DAVID MALHERBE is beskikbaar as spreker en bied graag die kursus Business by the Book /Besigheid volgens Bybelse Beginsels aan. Hy is ook ’n loopbaankonsultant en kenner t.o.v. CV’s en LinkedIn. Kontak hom via sy webblad by jedidiah.org.za en teken ook op sy gereelde nuusbrief in.


15 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org