Deur: Herman de Kock

Ons het in die vorige uitgawe gekyk na waar regverdigwording begin deur na Dawid se Psalm 32 te kyk. Dawid verwys na homself as ’n regverdige. Uit Dawid se lewe word dit duidelik dat ’n regverdige die titel verkry deur sy uitroep na die genade van God en nie deur sy eie doen en late nie. Geloofstroom se fokus is om ons kinders juis vanuit die Bybel te leer. Dawid se voorbeeld kan kinders help om van kindsbeen af te leer dat God hulle nie aanvaar op grond van hulle dade nie – wat lei tot selfregverdiging – maar dat dit begin deur uit te reik na God. Dawid se Psalm 37 help ons om vir kinders te leer wat die waarheid oor regverdigwording is. Die psalm bied ’n omvattende definisie vir ’n regverdige en is ’n goeie vertrekpunt. Lees gerus vers 3 tot 5. Soos in die vorige artikel is die oog van hierdie rivier van regverdigheid vertroue op God. Die klem is daarop om Hom met jou hele lewe te vertrou en jou vreugde in Hom te vind. Vers 6 sê vir ons wat die resultaat daarvan is: God sal jou regverdigheid laat skyn. Verse 7 tot 11 gee nog kenmerke van ’n regverdige – wag in stilte en geduld op die Here, moenie jou bemoei oor of vergelyk met ander nie (fokus op God), moenie kwaad word nie, maar wees sagmoedig. Vers 16 gaan verder deur te beklemtoon dat ’n regverdige nie op die rykdom, status of besittings van hierdie sondige wêreld vertrou nie, maar eerder op God. Hoekom? Want die Here ken ons lewensdae en ons erfdeel sal nooit verdwyn nie (v.18). Daarom is die regverdige vrygewig (v.21) en leen ruimskoots aan ander (v.26). Aan die einde van die psalm in vers 31 en 34 word ’n baie belangrike punt gemaak – die regverdige maak erns met die Bybel. Hulle bestudeer dit en gee die nodige erkenning aan die gesag van die Woord van God.

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.

www.geloofstroom.org


13 September

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org