Deur: Heinrich Gabler

‘Our adversary, the devil, majors in three things: noise, hurry, and crowds.” – Richard Forster, Christelike teoloog en skrywer.

Die gevolge van ’n gejaagde, hoë druk lewe
Die situasie waarin baie mense hulself deesdae dikwels bevind, asook hulle emosionele toestand, kan deur hierdie drie bogenoemde aspekte gekenmerk word. Dit is geen verrassing nie, want ons lewe in ’n wêreld wat skree: “Groter is beter!”, “Vinniger is beter!” en “Kits is beter!” Die gevolge van hierdie soort lewe is dat baie van ons soekend, ontevrede en moeg is. Weet ons hoegenaamd wat God se droom vir ons is, hoor ons Sy stem?

Lesse uit die wêreld se pouse
Tydens die inperking het die wêreld sonder twyfel ’n bietjie van ’n pouse beleef; ’n kans gehad om te herstel – voordat die malle gejaag weer begin het. Een van die dinge wat ek gedurende daardie pouse geleer het, is om rustiger te wees – of ek nou rustiger wou wees of nie.

Dié wat op die Here wag
Gedurende daardie tyd het God my aanhoudend herinner dat Hy ons geroep het vir ’n ander tipe leefwyse en nie die een waarin ek myself dikwels bevind het nie. “… maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” – Jesaja 40:31

Hy gee ons die krag
Ek wil jou bemoedig met Jesaja 40:31 en daaraan herinner dat God Sy hand van bewaring oor ons sal hou en ons daagliks die nodige krag sal gee om te doen wat Hy ons beveel het. Hy het ons elkeen geroep om Hom lief te hê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand” (Matt 22:37); om ons naaste lief te hê soos onsself (Matt 22:39) en dissipels van alle nasies te maak (Matt 28:19).

’n Belofte vir moeilike tye
In Hebreërs 13:5 belowe God dat Hy ons nooit sal begewe en nooit sal verlaat nie. “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Dit is ’n belofte waaraan ons moet vashou wanneer ons deur moeilike tye gaan.

Met God is alles moontlik
Daarom wil ek vir jou sê: Ken jou Skepper en ken jou droom. Hou vas aan God se belofte en droom gróót, want met God is alles moontlik.

HEINRICH GABLER het ’n bediening, UpcycleSA en verskaf balle en sporttoerusting aan behoeftige kinders. As jy tweedehandse balle ens. wil skenk of hom as gasspreker wil nooi, kontak hom by gablerheinrich@gmail.com


16 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org