Deur: Lourieke Haller

By die kerk vra ons leraar onlangs: “Sou jy bereid wees dat die ou langs jou gou deur jou foon se soekgeskiedenis gaan?” Hoekom het hy dit as voorbeeld gebruik? Want ons soekgeskiedenis onthul baie meer as wat ons sou wou hê – en nie noodwendig omdat dit ongepaste webtuistes sou wys nie. Wanneer ons besig is met die internet, kom wie ons werklik is na vore – wat werklik vir ons belangrik is, ons vrese, voorkeure en kwellings.

Google is ons dokter, sielkundige en raadgewer
Hier kan ons die vrae stel wat ons te skaam is om hardop te vra oor die dinge wat ons bekommer of waaroor ons nuuskierig is. “Wat is die simptome van …? Hoe kry ek roesvlekke uit my toilet?” Google is ons sielkundige, dokter, kundige raadgewer en intieme vriend wat alles oor ons weet. Dit het ’n meer akkurate beeld van ons as ons vriende, familie en kollegas aan wie ons dikwels net sekere aspekte van onsself onthul. Google weet van watter flieks ons regtig hou, of ons graag speletjies aanlyn speel of watter tipe restaurante ons graag besoek. Google weet wie ons werklik is – nie wie ons sê ons is nie. Ons mag dalk ’n beeld vir ander voorhou, maar Google kyk deur die venster van ons foon na ons siel. Ons dink ons geheime is ons s’n, maar niks is vir Google verborge nie en nog minder vir God.

Wegkruipertjie met God
Ons dink ons kan vir God ’n rat voor die oë draai; vir Hom wegkruip en ons vrese, sonde en skuldgevoelens vir Hom wegsteek. Dít is van die begin af ons probleem. “Die mens … het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin” – Genesis 3:8-10. Ons lieg selfs vir onsself oor sekere aspekte van ons lewe. “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” – Jeremia 17:9

God ken ons deur en deur
Al dink Google dit ken ons beter as wat enigiemand anders kan – word ons deur God geken op ’n manier waarvan Google nie eens kan droom nie! “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken” – Jeremia 1:5. Psalm 139:2,4 sê: “U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom … Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.” God het ons lewensdae opgeskryf voor ons gebore is! Hy ken ons deur en deur en beoordeel selfs die bedoelings van die hart. “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë.” – Hebreërs 4:12-13.

Deurgrond my, o God
Jesus weet alles oor ons – absoluut alles – en steeds wil Hy ons “ken”. Al wat ons kan doen, is om te bid: “Deurgrond my, o God. Ondersoek my … Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!” – Psalm 139:23,24. Laat hy jou hart ken, laat Hom toe om jou hart aan jou bloot te lê – Hy ken jou beter as Google.


23 Julie 2022

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org