Deur: HJ Cronjé

Met skilpadspoed word hulle met ’n klein trapleertjie die Genadewa se bak opgehelp. Eers Ou-oom en daarna sy wederhelf, want vandag gaan ons Witkop, duine toe. Ou-oom sit soos ’n koning op die groot wit plastiekstoel terwyl sy trotse eg langs hom staan en sy geëelte hand liefderik vashou.

Soos in die dae van Adam
Die uitsig bo-op die groot Kalahari-duin waar die Genadewa sy staan gekry het, is asemrowend. Sover as die oog kan sien, lê die Kalahari windstil, kilometers en kilometers se vlakte, se oopte, se niks. Geen beweging, mense of vernietiging nie – net soos in die dae van Adam. Die stofstert van ’n voertuig wat reeds buite sig is, is die enigste leidraad dat hier tog ander lewe in die Kalahari is.

Ou-oom se afklim met die klein trapleertjie is vol moeite. Daarna sukkel-sukkel hy met die hulp van sy twee ysterkrukke oor die los wit sand om weer op sy wit plastiektroon sy sit te kry. Sy gesig is ’n studie van verbasing en verwondering. Ysblou kykers tuur stadig oor die uitgestrekte wêreld en hy drink dorstig aan Vader se skepping. Dan staan Ou-oom se sien stil by die grassaad wat gretig wag op windvervoer terwyl hy ver in die agtergrond die opgewonde roep van die jong klomp hoor. Hulle het pas die derde swart-angel-in-die-lug penskruiper uitgegrawe.

Trane van dankbaarheid
Ewe skielik dring Ou-oom aan op stilte. Skamerig steek die liggeel volmaan sy kop versigtig oor die sandduin terwyl die laatmiddagson so twee vingers bokant die verste sien lê. Oopmond sit hy en staar na die grootsheid van Vader se twee hemelligskeppinge. Stadigaan begin oorlooptrane opwel in die vensters van sy hart en bars dan oor sy wange. Sy growwe en geëelte hande vee aanhoudend oor sy geplooide wange terwyl hy saggies woorde van dankbaarheid in die Skepper se oor fluister.

Leidrade van Vader se liefde
Heelwat later daardie aand, met almal in die bed, sit ek buite met my Bybel en waardeer ook die volmaan se helder lig. Dawid se erkenningswoorde in Psalm agt se vierde vers roep in my hart; ek lees dit weer: “As ek u hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het …”. Dan hoor ek weer Ou-oom se fluistergebed op Witkop se sandduin en wonder oor my en oor jou, en hoekom ons so maklik die leidrade van Vader se liefde miskyk.

HJ CRONJÉ se artikel is ’n verkorte storie uit sy boek, Sandspore van Genade. Bestel dit vir R100 by hj@divine-life.net


25 November 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org