Elke keer wanneer ek ’n ou waarheid vir die eerste maal ontdek, waardeer ek opnuut hoe nou die Ou en Nuwe Testament met mekaar verweef is. ’n Gewone gesin se buitengewone verhaal het my aan die hart geruk. Ek praat van Amram en Jogebed, hul kinders en die besonderse rol wat hulle in die verlossing van Israel uit slawerny gespeel het.

Moses se ouers
Miriam is eerste gebore in hierdie gesin van toegewyde gelowiges. Daarna volg Aäron en nog drie jaar later ’n seuntjie, Moses. Volgens kenners van die antieke geskiedenis was Miriam minstens vyf of ses jaar oud toe Moses gebore is. Hebreërs 11:23 sê dat Amram en Jogebed hulle nie deur die farao se bevel, dat alle pasgebore seuntjies vermoor moes word, laat afskrik het nie. Hulle het Moses eers drie maande lank in hulle huis weggesteek en daarna in ’n klein arkie (soos dit in die Hebreeuse teks opgeteken is) op die Nyl by die farao se dogter se badplek tussen die riete gaan versteek.

Aan God meer gehoorsaam as aan die mens
Hulle besluit was nie gegrond op verwaandheid of rebellie teen die wette van die land nie. As ’n mens na hulle kinders se lewens kyk en van hulle geloof lees, besef jy dat hulle bloot meer gehoorsaam aan God was as aan mense – dié God wat moord verbied en geloof in Hom beloon.

’n Judaïese identiteit word steeds vasgelê
Die farao se dogter het baie van die baba tussen die riete gehou en wou hom as haar eie grootmaak. Sy moes ’n vroedvrou kry wat die drie maande oue baba kon versorg. Miriam was naby – sy het haar boetie dopgehou – en natuurlik het sy voorgestel dat haar ma dit kon doen. So het Amram en Jogebed die genade ontvang om hulle jongste seuntjie terug te neem huis toe en vir die volgende paar jaar kon hulle hom versorg, hom Hebreeus leer, sy identiteit binne Judaïsme vasmaak én hom in verhouding met God vestig!

Moses se toekoms as Egiptiese kroonprins
Daar is geen sekerheid hoe oud Moses was toe sy ouers hom uiteindelik aan die farao se dogter afgegee het nie. Historici skryf dat kleuters in daardie tyd op die ouderdom tussen drie en vyf jaar oud gespeen is. Vir die dekade daarna is Moses deur die leermeesters van die farao voorberei vir die rol wat hy in die Egiptiese hof sou vervul. Volgens Josephus, ’n bekende en gerespekteerde geskiedkundige, is Moses voorberei om die kroonprins van Egipte te word. Blykbaar het die farao slegs ’n dogter gehad. Haar oudste seun sou sy “oupa” opvolg en Moses, hoewel aangeneem, was glo haar oudste seun.

Moses het waarskynlik die beste opleiding gekry waarvan enige jongman in daardie tyd kon droom. Hy was glo ook ’n uitnemende militêre strateeg en het ’n veldslag teen een van die buurlande met uitnemende leierskap en vernuf gelei en ’n groot oorwinning vir Egipte verseker.

’n Roeping ontwaak
Die aangewese opvolger vir die farao het op ’n dag tussen die Israelitiese slawe rondgeloop toe die roeping wat op sy lewe gerus het in hom ontwaak het. Hy kon nie toesien hoe ’n Egiptenaar ’n Israeliet slaan nie en moes daarna vir die farao vlug, want hy het die Egiptenaar doodgeslaan.

Moses, sy broer en suster doen wat God vra
Veertig jaar lank het hy in Midian (die hedendaagse Saoedi-Arabië) vir sy skoonpa Jetro skape opgepas totdat God hom as 80-jarige geroep het om na Egipte terug te keer en die Israeliete uit slawerny te bevry. Verskeie nasies, onder meer Rusland en China, het ontdek hoe belangrik opvoeding in die eerste vyf jaar van ’n kind is. In Moses se lewe herontdek ons dit. Toe hy terugkeer na Egipte, waar sy jonger stiefbroer Raamses die nuwe farao was, het hy steeds geweet dat hy in wese ’n Jood is, wie sy God is en wat hy glo.

Aäron (83) en Miriam (waarskynlik 86) was steeds fiks en gesond en het onmiddellik langs Moses plek ingeneem om God se wil uit te voer. Saam-saam het hulle die Israeliete uit Egipte gelei. Aäron het Moses in sy onderhandelinge met die farao vergesel (Eks 4:27-5:4). Nadat die Here die Rietsee oor die Egiptenare laat toegaan het, was dit Miriam wat die vroue in ’n profetiese lofdans gelei het (Eks 15:20-27). By die berg Sinai, wat hulle twee maande ná die Rietsee-wonder bereik het, het die Here aan Moses geopenbaar dat hy Aäron as priester vir Israel moes salf (Eks 19:1; 28:1).

Christus as priester, profeet en koning
Amram en Jogebed het ’n priester (Aäron), ’n profetes (Miriam) en ’n koning (Moses) grootgemaak. Hierdie drie ampte, wat later deur Christus vervolmaak is volgens Hebreërs 1:1-3, is deel van ons Christelike erfenis en opdrag. Die Hebreërs-skrywer verduidelik vir sy Joodse lesers hoe God in hierdie laaste dae nie meer soos in die tyd van die voorvaders slegs deur profete met hulle praat nie, maar deur Sy Seun. Hier word Christus as ewige Koning uitgebeeld, waar Hy aan die regterhand van die Vader saam met Hom regeer. Dan sluit die skrywer die eerste perikoop van sy brief af met ’n beskrywing van Christus as dié Priester, wat nie slegs ’n offer gebring het nie, maar Homself as offer gegee het.

Die voltooiing van hul roeping
Die jaar waarin Israel uiteindelik die Beloofde Land ingetrek het, was ook die jaar waarin Amram en Jogebed se drie geloofsheldkinders oorgestap het na die ewigheid. Numeri 33:38-39 sê Aäron is oorlede toe hy 123 jaar oud was en Moses was 120 jaar toe hy in dieselfde jaar gesterf het (Deut 34:5-7). Dit het alles in die veertigste jaar van hul omswerwinge in die woestyn gebeur. Volgens Joodse oorlewering is Miriam ook in dieselfde jaar op die ouderdom van 126 jaar oorlede. Hulle het hul opdrag voltooi en kon na hul ewige bestemming oorstap.

Ewige waarhede geld per definisie vir altyd
Hoe dieper ek in die Bybel delf, hoe meer raak ek opgewonde oor die wonderwaarheid dat die Ou Testament talle profetiese heenwysings na die Messias, Jesus Christus, bevat! Die Bybel is God se Woord vol rykdom en wag om ontgin te word. Geniet jou Bybel!

En as jy ’n ouer of grootouer is, neem jou rol ernstig op. Jy maak priesters, profete en konings groot wat God se wil en plan vir hulle leeftyd gaan uitvoer! Mag jy ook soos Amram en Jogebed
Godsleiers grootmaak wat nasies in God se beloftes inlei!

DR. ELZA MEYER is die stigter van Turn2God-bedieninge wat landwyd en internasionaal geloofsgemeenskappe oproep en toerus om hulle na God te wend. Kontak haar by elza@turn2god.co.za


14 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org