Deur: Ilse Kleyn

Meer as ’n jaar gelede het Abba verskeie kere die onderwerp van “Sy gloriedraers” aan my uitgelig. Herhaaldelik is dit bevestig en met groot intensiteit word dit steeds herhaal.

Die betekenis van glorie
Die Griekse woord vir glorie is doxa, wat “eer, heerlikheid, lof en aanbidding” beteken. Heerlikheid is ook die prag en helderheid van die maan, son en sterre. Dit is manjifiekheid, voortreflikheid, waardigheid en majesteit – alles eienskappe van Christus.

In Hebreeus is glorie, chabod. Dit beteken iets wat aansienlik of swaar is, ook heerlikheid, eer, prag, mag, rykdom, gesag, grootsheid, roem, waardigheid, rykdom en voortreflikheid. Chabod is God se heerlikheid, maar ook Sy sigbare prag wat Salomo se tempel gevul het.

Die glorie van God het Paulus verblind, dit het Moses se gesig laat straal en Jesus uit die graf opgewek.

Hoe word ek ’n gloriedraer?
Die glorie van God is te vinde in Sy teenwoordigheid en ons het toegang daartoe. Hoe word ek egter ’n gloriedraer van God; nie net ’n gewone kerkganger nie?

Ons sien in die Ou Testament dat wanneer die offers gebring is, die verterende vuur van God gekom het en daarná het Sy glorie neergedaal. Paulus vermaan ons om ons liggame as ’n lewende, heilige en welgevalle offer aan God te gee (Rom 12:1). Dus moet jou hele lewe ’n offer wees. God het Adam en Eva van Hom af weggestuur toe daar sonde in hulle was. As God se vuur op jou val, moet daar bewyse van as wees – bewyse dat iets verbrand het – jy lewe nie meer nie. Daar moet bewys wees van ’n opstandingslewe. Hierdie offer moet daagliks gebring word. Jy moet heilig lewe!

Alles op die altaar
Te veel van God se kinders hou nog aan hul “klein sondetjies” vas. Hulle weier om sekere areas van hul lewens op die altaar te plaas – die rede hoekom ons so min van God se krag sien. Ek glo egter die tyd van louwarm Christenskap is verby. Baie mense gaan totaal wegval aangesien hulle hul eie lewens nog te veel liefhet, maar die ware aanbidders van God gaan in die glorie van God begin wandel; elke dag toegevou in God se tasbare teenwoordigheid, Sy karakter, hart en liefde. Error, group does not exist! Check your syntax! (ID: 13)

ILSE KLEYN skilder boodskappe van waarheid en hoop om dié wat die wedloop hardloop, aan te spoor en te vertroos. artofkleyn.com


27 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org