“’n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom.” – Spr 13:12

Hoop is soos suurstof vir die siel. Dit maak jou binnewêreld vol lewe en dryf jou aan na bestemmings waarop jy hoop. Wanneer hoop uitgestel word, kwyn die siel egter en vervaag jou lewensideale.

HOEKOM WORD ONS HOOP SOMS UITGESTEL?

1 GOD RIG SOMS PADBLOKKADES OP: Niemand hou van padblokkades nie. Dit hou jou op en breek jou spoed. Besef net dat die padblokkades op jou lewenspad jou dalk van ’n tragedie wat ’n ent verder op jou wag, gaan red of daarteen beskerm. Jy moet dalk tot jou groot frustrasie van roete verander en dit mag langer neem om jou bestemming te bereik, maar onthou dan dat hierdie nuwe roete, wat soos ’n ompad lyk, nuwe ontdekkings inhou. Daar sal goeie redes wees vir Goddelike oponthoud by padblokkades. Bly hoopvol en wees geduldig met die eise wat God se padblokkades stel. Jy sal jou kans kry!

2 GOD SE TYDSROOSTER VERSKIL GEWOONLIK VAN ONS S’N: In God se tydsrooster is daar vir alles ’n bepaalde uur en tyd (Pred 3:1). Dawid verklaar dat sy tye in God se hand is (Ps 31:16). Jou hoop word dalk uitgestel omdat dit nog nie tyd is vir die verwesenliking daarvan nie. Wees egter gerus dat indien jou wense binne die raamwerk van God se wil vir jou lewe val, dit op die regte tyd vervul sal word. Jy sal jou kans kry!

3 TOETSE WAT NIE GESLAAG WORD NIE, STEL ONS HOOP UIT: Josef moes deur baie toetse gaan alvorens God hom beproef verklaar het vir sy aanstelling as heerser oor Egipte (Ps 105:19-21). Jy gaan verskeie toetse skryf. God toets ons gehoorsaamheid, geloof, karakter, integriteit, betroubaarheid, ens. voordat Sy aanstellings oor daardie spesiale hoop plaasvind. Ons herskryf soms dieselfde toetse, waarop nuwes weer volg. Slaag hulle, hou aan hoop – en jy sal jou kans kry!


10 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org