Deur: Lourieke Haller

Henry en Justine Pike is die medeleiers van Die Bron-kerk in Bellville saam met Gary en Rhona Kieswetter – Justine se ouers. Die twee gesels oor verlies, ontnugtering, suiwering en ’n opgewondenheid oor ’n nuwe geestelike seisoen.

Uit twee verskillende wêrelde
In teenstelling met Justine, wat in ’n Geesvervulde huis groot- geword het met ouers wat in die geloof gelewe het tydens hulle reisende bediening, het Henry se lewe in die teenoorgestelde rigting gegaan. Hy kom uit ’n gebroke huis en het op hoërskool reeds ’n drankprobleem gehad en met dwelms begin eksperimenteer. “Ek was ’n humeurige ou,” grinnik hy en wys na ’n litteken oor sy oog. “Ek is nie so gebore nie! Ek was ’n kroegvlieg en het hard baklei; sommer kop eerste in gevegte ingeduik.” Dit is so moeilik om dit te glo, want hy loop oor van Jesus se liefde – al lyk dit asof hy steeds ’n harde hou sou kon slaan!

Damakus-ervaring
Henry het tot bekering gekom toe hy in Rustenburg langs “’n se ndelingtannie met ’n groot profetiese gawe” beland het as sy buurvrou. “Dis net ACDC en daggazolle,” vertel Henry. “Ons drink dat dit klap, maar elke keer as ons buite sit en dwelms rook, kom sit die tannie by ons en gesels. Mettertyd begin ek na haar luister en selfs om haar te mis. Toe ek byvoorbeeld een oggend vieruur van die kroeg af terugkom, het ek aan haar deur gehamer en gespot: ‘Maak oop! Ek gaan nou vir jou kom bid!’ Sy het oopgemaak en my ingenooi vir tee. Ek het beker in die hand op die mat gesit terwyl sy met my oor die Here praat. Naderhand wou ek nie meer uitgaan om te gaan drink nie, tot een aand toe die ouens my omgepraat het. Ek het baie hoog op dwelms teruggekom en kon die teleurstelling in die tannie se oë sien. Toe bars sy uit en begin oor my profeteer en skielik is ek 100% nugter! Ek voel ’n warm gloed in my opkom en het ’n diep ervaring met die Heilige Gees. Ek kom net daar tot bekering. Dwelms, drank – alles weg!”

Reguit bediening toe
Henry het ’n week later bedank om saam met die tannie in die bediening te gaan werk. “My ouers kon dit nie glo nie: ‘Jý, in die bediening! Are you kidding me?’
Saam met haar het ek het poliobene sien uitgroei, kanker wat genees, dowe mense wat begin hoor!”

Romanse en die engel Migael
Justine en Henry se paaie het by Hatfield Christian Church gekruis, waar Henry deel van die kerkplantspan was en Justine die Bybelskool bygewoon het. In haar derde jaar moes sy ’n produksie vir Creative Art in Hatfield doen. Dit was toe sy ’n “groot engel” gesoek het vir die produksie dat sy en Henry mekaar beter leer ken het. Justine was ’n baie goeie danser, maar Henry was soos die meeste manne maar kopsku vir die dansery – gelukkig moes hy darem nie as die aartsengel Migael met vlerke of in ’n lang wit rok dans nie! Hy moes Justine net optel tydens die dans. “Ek kan nie los dans nie, maar ek ken darem die Kalahari-vastrap,” skerts hy. “Ons het op die verhoog verlief geraak,” sê Justine met ’n breë glimlag en kyk diep in haar man se oë. Hulle is ná ’n kort verlowing in 2008 getroud.

Miskraam en diep vrae
Maar soos dit gaan, was ’n lewe met net maanskyn en rose vir hulle ook nie beskore nie. Justine het nege jaar gelede ’n miskraam gehad. “Dit was ’n geloofstryd, want danksy my pa het ek het die Here van kleins af as ’n liefdevolle Vader leer ken. Dit was vir my moeilik om te aanvaar dat God toegelaat het dat ek hierdeur moes gaan, want my aardse pa sou dit nooit toegelaat het nie,” getuig Justine.


Henry het in 2014 Radio Tygerberg 104fm se Gospel Talent Search-kompetisie gewen en daarna dikwels in Gospel Skouspel opgetree

“Ek het geworstel met vrae: Het ek iets verkeerd gedoen? Het die Here my nie lief nie? Was ons geloof te min? Het ons verkeerd gebid? Ek wou twee weke lank nie hê die Here moet met my praat nie – en Hy wás doodstil. Toe het Hy, te midde van die hartseer en selfdoodgedagtes, helder vir my gesê: ‘Moenie bekommerd wees oor ons verhouding nie. Rou oor jou kind. Ek en jy gaan oukei wees.’ Daardie woorde het my gedra. Ek het toe geweet ek hoef niks te bewys of te perform nie. Ek kon rou en die trauma verwerk.”


Henry as aanbiddingsleier by It’s Time in Bloemfontein 2017.

Henry voeg by: “Die grootste teleurstelling, amper groter as die verlies van ons kind, was dat dit wel gebeur het. So kom jy agter dat jy van lering oortuig was wat nie akkuraat is nie. Baie mense glo dat daar volgens Psalm 91 niks sleg met jou sal gebeur nie, maar dit is nie wat die Psalmskrywer leer nie. Dit beteken wel dat God saam met jou ín en déúr moeilike tye sal gaan.”

Seën uit die seer
Ná nege maande het Justine in radio-onderhoude daaroor begin praat en dit het gelei tot ’n boek, Leeg, saam met Lux Verbi. “Ons het ’n ondersteuningsgroep begin vir mense wat aborsies, miskrame of stilgeboortes gehad het. Eenkeer het ’n man alleen opgedaag by een van die groepies. Dit was vreemd, want dit is gewoonlik paartjies of die vrouens wat kom. Hy het gesê: ‘Ek het vanaand gekom, want ek het my huwelik verloor as gevolg van die miskraam. Ek wou vir julle as paartjies kom moed inpraat om saam te rou en oor goed te praat, want anders verloor jy jou vrou of jou man ook, in plaas van net jou kind.’ Dit het my diep geraak.”


Hulle was in 2018 in Parys vir hulle tiende huweliks- herdenking

Ons deel in Jesus se lyding
Die twee praat diep en ernstig oor die snoeitydperk waardeur hulle gekom het. “Die Here laat sekere dinge toe om ons karakter stewig in Hom te vestig en ons een te maak met Christus,” sê Henry. “Want as Christene wil ons as mens in Sy glorie deel, maar nie in Sy lyding nie. Die oomblik dat jy jou hart oopmaak vir lyding, sien jy dit oral in die Bybel raak. Dit gaan nie net oor wonderwerke nie! Ons is geroep om aan Hom gelykvormig te word – ook Sy lyding.”


Justine, Maguerite en Nadia besig met FIRE KIDS, Die Bron se kinderkerk

Ontnugtering verander in insigte
’n Paar jaar terug het iemand met wie Henry ’n pad gestap het, selfdood gepleeg. Dit het Henry diep geruk. “Ek het begin kyk wat ons bedien en hoekom dit nie hierdie ou kon help nie. Ek het besef ’n mens hoor nie meer van lyding nie. In die Liggaam van Christus is daar te veel motiveringsprekers. Hulle sê: ‘God gaan dit of dat doen. Volg hierdie stappe en dan gaan dit of dat gebeur.’ Maar Johannes 16:33 waarsku ons, daar sal beproewings wees!”

Aanlyn sessies wat by die hart van die saak uitkom
Die paartjie se fokus het begin verander. Hulle het byvoorbeeld met hulle aanlyn sessies tydens die inperking baie reguit begin praat oor kwessies van die lewe waarmee almal sukkel. Dit het aanleiding gegee tot hulle gewilde Q & A-sessies. Mense kon vooraf vrae aan hulle e-pos en dan is die onderwerpe, soos byvoorbeeld vrae oor pornografie, kaalvuis getakel. “Ons het nogal harde temas aangevat en as gevolg daarvan het baie mense by die kerk aangesluit, want die eerlike aanslag het by hulle aanklank gevind. Daar was selfs mense uit Nieu-Seeland, Kanada en Australië. Die inperking was vir ons baie goed gewees,” vertel Justine.

God moet jou ken
Henry is vuur en vlam daaroor dat hulle nie moraliteit moet preek nie, maar ware bekering en intimiteit met Jesus: “Judas het ook mense gesond gemaak, duiwels uitgedryf en gepreek dat mense tot bekering kom. Daar is baie mense wat krag en kennis het, maar hulle ken God nie en God ken hulle nie. Sulke mense beroof die Kerk. Galasiërs 4:9 is duidelik: God moet jou ken. Om ’n Christen te wees, beteken nie jy wéét van die Here nie – God moet jou ken.“

Henry erken dat hy jare lank ook ’n Smith Wigglesworth of ’n John G. Lake wou wees. “Maar ek is dit nie. Wat eerder belangrik is: Dra ek en jy die vrugte van bekering? Dra ons God se belange op die hart? Ek kan nie met die supersterre kompeteer nie, maar ek kan Godvresende mense oplei, volwasse Christene. Mense dink finansiële rykdom is God se seën, maar hoe lyk ’n ‘suksesvolle’ Christen regtig? Hy dra die vrug van die Gees. Punt. Klaar.


VLNR: Levón, Isabelle en Livia

“Ons gemeente se naam is Die Bron, want Hy is die bron van ons lewe en ons geluk, en as Hy nie is nie, dan is ons besig met iets anders,” sê Henry. “Valse gode is enigiets wat nie God is nie, wat my gelukkig maak.”

Hart vir kinderkerk
Justine het ’n groot hart vir kinderkerk en is tien jaar lank al betrokke daarby. In hulle babaklassie (0-2) leer hulle die kindertjies reeds oor die Drie-eenheid en om te sê: “Hallo, Jesus. Hallo, Pappa-God. Hallo, Heilige Gees.” Sy verduidelik: “Ons hoofdoelwit is om hulle van kleins af in ’n verhouding met al drie Persone van die Drie-eenheid te kry en te leer om God se stem te kan hoor.”

Nie teorie nie, dit is ’n werklikheid
Hulle het al dikwels gesien hoe die kinders die ouers bedien. “Ons het onlangs die graad sewes aangemoedig om vir Jesus te vra wie Hy vandag tydens die erediens wil genees of bemoedig. Elke kind het iets ontvang. Ek het dit neergeskryf en dit toe van die verhoog af gesê: ‘Die graad sewes het gevoel God wil dit, dit en dit doen.’ Die mense het vorentoe gestroom en die kinders het vir hulle hande opgelê! Ons leer hulle van kleins af dat Christenskap nie teorie is nie, maar ’n werklikheid.”


Justine en Henry is sedert 2011 deel van die senior leierskap van Die Bron.

Vergenoeg in Hom
Covid en die inperking was vir baie kerke swaar, maar vir Henry en Justine was dit ’n tyd van herstel en om te herfokus. “Oor die afgelope paar jaar het God ons lewens kom verander. Ons is vergenoegd in Hom. Hy het ons harte voorberei vir méér Koninkryk! Dis alles in, vir en deur Jesus – ons alles.”


8 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org