Onderhoud deur: Lourieke Haller

As jy enigsins voel jou geestelike lewe is droog of dat jy jou eerste liefde verloor het, stel ek voor dat jy net ’n paar minute met Israel Taylor gesels. Die intense liefde (en respek) wat hy vir Jesus het en sy strewe na innige vriendskap met die Heilige Gees, maak jou dors – diep dors. Nadat ons beleef het hoe hy ’n groep vurige CfaN-ondersteuners selfs nog meer aan die brand gepreek het – soos sy held, Reinhard Bonnke – het ons ’n verfrissend eerlike gesprek met hierdie jong evangelis gehad.


Roâ met klein John-Daniël en Israel met Andrew op sy skoot

Jy is bekend as ’n evangelis, maar hoe beskou jy jouself? Wie is Israel Taylor?
Ek sien die ou wat vroeër na die wêreld se aanvaarding gesmag het en sou manipuleer, selfs sou lieg, het om dit te kry, maar ek sien ook ’n nuwe skepping, want ek het my in Jesus Christus vasgehardloop; eintlik die Heilige Gees, want Hy het Jesus aan my openbaar. Ek is iemand in wie se hart die liefde van God uitgestort is. My grootste doelwit is dat die Heilige Gees kan getuig dat ek waarlik is Sy vriend is.

Wat beteken dit prakties in jou lewe?
Nagte van min slaap. Ek is vasberade om hierdie reis klaar te maak en elke dag nader aan die Heilige Gees te wees. Ek wil God behaag – elke oomblik. Ek het een “vrees” in die lewe: “Neem nie U Gees van my weg nie.” Wat help dit ek preek, maar lewens verander nie omdat daar geen salwing van die Gees daarop is nie? Titus 3 sê mos dis die Gees wat ons nuwe lewe gee. Daar is nog soveel meer in Hom hier op aarde en ek jaag dít na – daarom kan ek party aande nie slaap nie. In 2 Petrus 3 staan daar God se hart is dat elkeen gered sal word – elkeen is nog nie gered nie!


Israel is op sy gelukkigste wanneer hy mense aan Jesus en die Heilige Gees kan voorstel

Wat van Christene wat voel iemand soos jy is die evangelis, dit is nie hulle gawe nie?
Voor jy gered is, gaan dit vir Jesus oor jou, maar die oomblik as jy by die Kruis opgestaan het en Hy ín jou is, gaan jý agter ander aan. Ek het onlangs by Heinz Winckler-hulle se kerk bedien. Ná die tyd – nadat die Gees mense bedien het – het hy gesê: “Ons het jou gevra om oor ’n hart vir verlore siele te kom praat, maar nou weet ons: Ontvang die Heilige Gees, dan ontvang jy ’n hart vir verlore siele!” Daardie opdrag is vir almal. Ja, nie almal doen dit voltyds nie, sommige het ’n ander beroep en ondersteun die evangeliste en sendelinge finansieel, maar Markus 16:15-17 sê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.”


Israel en Roâ by hulle pastore, Sarah en Elisée Yao, van Divine Restoration Ministries

Waarmee is jy tans besig?
Die Here het my ’n jaar gelede ’n visioen met die kaart van Afrika gewys – nie meer ’n bloedgewaste Afrika soos Reinhard Bonnke gesien het nie – daardie werk is klaar gedoen – maar met donkerblou, lewende water. Ek glo God gaan Sy Gees oor Afrika uitstort. My visie is dus om nie net Jesus te verkondig as die Een wat die wêreld se sondes weggevat het nie, maar ook om mense na die beste van my vermoë honger te maak vir die Heilige Gees – oral waar Jesus deure vir my oopmaak. Die begeerte wat ek het om siele te wen en die begeerte om God oor siele te sien beweeg, gaan hand aan hand vir my.


Divine Restoration Evangelism, onder leiding van Israel, streef om mense te sien verander deur die bloed van Jesus en deur dissipelskap om ’n godvresende geslag te verseker

Jy hou gereeld groot opelugveldtogte daarvoor …
Ja, ons hou massa-crusades, maar ek gaan ook as twee of drie my na hulle huis toe nooi. Ek gaan oral. Dit gaan vir my oor Jesus, oor mense. Ek werk ook saam met besighede. Een sakeman het onlangs by ’n selgroep waar ek gepraat het tot bekering gekom en is met die Gees gevul. Nou nooi hy my elke dan en wan om sy personeel ná werk te bedien. Hy verskaf aandete en betaal hulle taxigeld huis toe. Hulle beplan om binnekort ’n doopdiens by die maatskappy te hou! Wanneer jy my nooi, moet jy weet: Ek gaan oor Jesus praat, jy gaan van die hemel en die hel hoor en dat jy gered moet word, en wanneer jy Kruis toe is, gaan ons jou vertel jy is ’n krokodil … want jy gaan water toe, reguit water toe. Daar is groot krag in die waterdoop.

Jy bedien ook graag by skole. Wat is jou ervaring met die jeug?
Wanneer ons bedien, staan hulle om ons asof daar lekkergoed uitgedeel word. Hulle is so gretig vir die werk van die Heilige Gees. Een seun wat aan depressie gely het en reeds beplan het hoe hy gaan selfdood pleeg, het vir my gesê: “As Jesus nie vir my kom wys Hy is real nie, gaan ek selfmoord pleeg. Jy sê Hy is real; bid dan vir my.” Binne sekondes het ’n bose gees gemanifesteer. Ons het die seun bedien en hy is bevry. Daardie aand het die einste outjie opgespring en voor al die ander kinders getuig oor die twyfel wat hy gehad het. “Maar nou wéét ek!” het hy gesê.
Ná my sessies met hulle hou ek daarvan om tussen die kinders rond te loop en te vra: “Wat het jy geleer?” Ek kry kostelike antwoorde soos: “My naam is in die Boek opgeskryf” of “Oom, ná hierdie kamp is die Heilige Gees nie meer met my nie, Hy is nou ín my!” Die Heilige Gees sal nie gestuit word nie.


Israel is as jong Christen aan wyle Reinhard Bonnke se bediening (Christ for all Nations) bekendgestel en pas steeds die bediening van Heilige Gees-evangelisasie toe

Hoekom sê jy so?
Omdat God dit belowe het en Hy Stefanusse soek. As ons die Here waarlik liefhet, sal ons die mense van die Heilige Gees vertel. Ek wens toe ék 13 jaar oud was, was daar iemand wat die moed gehad het om vir my van die Heilige Gees te vertel. Kathryn Kuhlman het gesê: “Christianity is not a religion, it is a supernatural revelation of God and the Holy Spirit reveals Him.” Jy ontvang krag en jy begin anders leef.

Is jy soms bang dat daar niks sal gebeur as jy vir mense bid vir genesing of om met die Gees vervul te word nie?
Julle verstaan nie hoe senuweeagtig ’n mens raak as jy moet bedien en jy wonder of die Gees gaan beweeg nie … dit gebeur elke keer met my. Ek lê voor die tyd op my gesig voor die Here en verneder myself voor Hom, want Hy is waardig, nie ek nie. Maar as jy weer jou oë uitvee, kom Hy. Dit is dan dat jy liewer jou mond toe moet hou en net jouself bruikbaar stel vir Hom. John Bunyan het ’n mooi ding gesê: “If you stay low, you have no risk of falling.”

En die keer as daar niks gebeur nie?
Dit is die grootste uitdaging vir my vrou wanneer ek by die huis kom ná so ’n byeenkoms waar ek ervaar het die Here het nie beweeg nie, want dan wil ek weet hoekom. Het ek Hom bedroef? Ek glo ons Christene moet by die plek kom waar ons “draers” van die Heilige Gees is en so beskikbaar is vir God dat selfs die ou wat nie eens geloof het nie, aangeraak, verander of genees word as jy by Hom verbyloop – soos Petrus in die Bybel.

Wat dink jy is die rede?
Ek weet nie … Vir my persoonlik dink ek, ek is ’n jong man wat nog besig is om te leer. Ek bid soos Dawid: “Here, hê genade vir sondes in my wat verborge is vir my, dié waarvan ek nog nie eens weet nie. Ek wil net rein voor U wees.” Dalk het ek nog goed uit die vlees gedoen en gesê wat die Gees dalk bedroef het.

Jou laaste gedagte vir ons?
Ons het nog een hoop. Daar is nog een hoop, een ding wat die duisternis bedwing en weerhou; dit is die uitstorting van die Heilige Gees. Dit is die persoon van die Heilige Gees wat steeds ’n hele gemeenskap kan omdraai. Baie Christene sê hulle wag vir die latter outpouring van die Gees (die uitstorting van die eindtyd). Ek wil vir jou sê, as die uitstorting wat in Handelinge 2 gebeur het gebeure soos Handelinge 8 tot gevolg gehad het, het dit beslis steeds die krag om ’n stad te verander. Ek glo dít wat ons het (daardie uitstorting van die Heilige Gees), kan ’n gemeenskap, ’n stad, ’n nasie verander – nie net individue nie – ’n hele stad. Dis belangrik. Moenie wag vir dit wat moet kom nie. Beweeg nou saam met God, dit is hier en nou!


13 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org