Deur: Marisa Badenhorst

Die gejaag van die lewe kan soms verstikkend wees. Ons almal ken die druk van sperdatums, oorvol programme en eise van mense. Ons weet wat ons beroepe, die huwelik, gesinslewe en kinders se oorvol programme van ons verg. Boonop het besigwees ongelukkig amper ’n soort statussimbool geword. Hierdie eise van die lewe veroorsaak maklik tonnelvisie, waar dit wat wérklik saak maak uit die oog verloor word. “Om by Jesus se voete te sit”, kan in hierdie Marta-wêreld soms na blote wensdenkery of selfs ’n cliché klink.

Om aan iemand se voete te sit” het in antieke tye verwys na die intieme verhouding tussen ’n rabbi en die dissipel wat by hom wil leer. Paulus het byvoorbeeld aan die voete van Gamaliël onderrig ontvang. Om by Jesus se voete te sit, beteken om by Hom as Rabbi te leer. Dit impliseer geloof en ondergeskiktheid en sou ook as ’n vorm van aanbidding beskou kon word.

Die voorbeeld van Maria
Dalk is een van die bekendste voorbeelde in die Bybel, die verhaal van Maria wat by Jesus se voete gesit het om na Hom te luister (Luk 10:38-42). Jesus leer ons dat dit die heel beste is om soos Maria dít te kies wat ons by God kan kry.

Hoe om soos Maria te wees
Hoe gaan ons dit regkry om soos Maria in ’n Marta-wêreld te leef? Wat is dit wat Maria reg doen? Sy kies dít wat werklik saak maak en benut die geleentheid die beste. Terwyl Jesus die mense leer, kies sy om te gaan sit en luister, ondanks die ete wat bedien moet word. Sy doen dit omdat haar oë en hele hart op haar Messias gerig is. Haar diepste begeerte is om Hom, en nie die mense nie, te behaag.

Uit Maria se verhaal leer ons dat dit ’n keuse is om by Jesus se voete gaan sit. Ons moet kies om die wêreld met sy eise vir ’n wyle eenkant toe te stoot en doelbewus by God uitkom. Jesus het self die voorbeeld gestel deur in die besigste tye van Sy bediening te onttrek om tyd met Sy Vader deur te bring. Moses is nog ’n voorbeeld. Hy lei ’n volk, maar tog onttrek homself om met God te ontmoet.

’n Doelbewuste keuse
Om ’n Maria in ’n Marta-wêreld te wees, verg ’n doelbewuste keuse om tyd met God te skep. Dit is in hierdie geheime plekke van stilte waar ons intimiteit gaan beleef, instruksies sal ontvang en waar ons hart in ritme met Syne sal klop. Dit is waar ons Sy stem sal leer ken en onderskei tussen al die honderde ander stemme. Is ons desperaat genoeg is om dit te doen?

Moenie jouself mislei nie
Wanneer ons tyd saam met Hom deurbring, moet ons koppe en ons harte by Hom wees. Ons kan onsself maklik mislei deur te dink dat ons by die voete van Jesus sit wanneer ons voltyds in bediening is of dinge vir die Here doen. Ons kan in die strik trap om met die dinge van die Here besig te wees, sonder dat ons met die Here van die dinge besig is. Ons mag selfs in die kerk of by ’n Bybelstudie wees, maar met ’n Marta-hart steeds besig, verward en bekommerd oor baie dinge te wees.

Sien Hom oral om jou raak
Die geheim om by Sy voete te sit, lê daarin om tyd alleen met Hom af te sonder, maar óók om aktiewe luisteraars en waarnemers van God in die gewone gang van die lewe te wees. “Sy voete” is elke dag oral om ons te sien. “By Jesus se voete” is ook in die mooi van die skepping, in die stem van ’n donderstorm, in die lag van ’n kind. Gryp ons daardie Goddelike oomblikke bewustelik vas?

Hoe sit ek aan Sy voete?
Maar die lewe gaan aan en is veeleisend – ons moet werk en eet en kinders skool toe ry en rekeninge betaal en die hond kos gee. Om Maria in ’n Martha-wêreld te wees, is uitdagend. Ons kan tog nie heeldag sit en Bybellees en bid nie. Hoe sit ek by die voete van Jesus, terwyl die lewe
moet aangaan?

Óf ons onsself nou met Marta of met Maria vereenselwig, is dit vir die dissipel om luisterend te lewe. Die dissipel by Sy voete moet ook die dissipel word wat in Sy voetspore volg. “By Sy voete sit” kan ook verander na die kook van ’n maaltyd of om met iemand te praat wat soekend is. “Sy voetspore” is ook daar waar jy langs ’n siekbed sit of iemand met swaar pakkies oplaai. Dit is om te ontdek dat liefde vir God, liefde vir jou naaste is. Dit is in elke dag se dissipel wees, wanneer ons nie net by Sy voete sit nie, maar in Sy voetspore loop, wanneer ons dien met ’n Maria-hart: “sy het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” Leef by Sy voete!

John Wesley se ma
Die verhaal van Susanna Wesley, die ma van die Skotse prediker, John Wesley, illustreer dit so mooi. Sy het negentien kinders gehad (tien het oorleef). Vroeg in haar lewe het sy ’n belofte gemaak om nooit méér tyd aan ontspanning of vermaak te bestee as aan gebed en Bybelstudie nie. Selfs te midde van die mees veeleisende en besigste seisoen van haar lewe as ’n ma, het sy steeds elke dag twee ure opsy gesit vir gemeenskap met God en tyd in Sy Woord. Haar uitdaging was egter om ’n privaatplek in ’n huis vol kinders te vind. Haar oplossing was om op haar gunstelingstoel te gaan sit en haar lang voorskoot oor haar kop te gooi om ’n soort tent te vorm. Elkeen in die huishouding, van die kleinste tot die grootste en oudste, het goed geweet dat sy dan by God was en nie gesteur moes word nie. Daar in die privaatheid van haar “tabernakeltjie” het sy die verborgenhede van God in intimiteit en in Sy Woord leer ken.


28 Mei 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org