-deur Val Waldeck

Ja, ons glo elke woord! Jesus het ook. Hy het verklaar: “U woord is die waarheid” – Johannes 17:17. Hy het nie gesê dat dit waarheid bevát nie (wat sou impliseer dat dit ook foute bevat). Dit is waarheid en moet dus volkome geglo en vertrou word. Hy het vir dié wat oor die opstanding gestry het, gesê dat hulle heeltemal van koers af is “omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie” (Matt 22:29).

2 Timoteus 3:16 verklaar dat “Die hele Skrif“ (Ou en Nuwe Testament) deur God geïnspireer is. Heiliges van ouds het gepraat (en geskryf) “deur die Heilige Gees gedrewe” (2 Pet 1:21). God se Gees het die skryf van die Woord geïnspireer. Ons vertrou ook die Heilige Gees vir die interpretasie daarvan. Petrus waarsku teen “eie uitlegging” (2 Pet 1:20). Onstandvastige en oningeligte mense is geneig om die Skrif tot hul eie ondergang te verdraai (2 Pet 3:16). Die hele Bybel is van toepassing.

Elke woord in die oorspronklike teks is sorgvuldig deur die Heilige Gees gelei en is daarom suiwer (sonder onwaarhede). Wanneer/ons enige deel van God se Gees-geïnspireerde Woord verontagsaam, is dit tot ons eie nadeel.

Val Waldeck is ’n outeur, Kindle-uitgewerskonsultant en ’n Bybelleraar. Vir hulp met die skryf en bemarking van jou boek, besoek www.valwaldeck.com


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)