-deur Geopende Deure

N40-jarige man loop versigtig by die opleidingskamer in waar Geopende Deure ’n ‘Standing Strong Through the Storm’-seminaar (SSTS) aanbied. ’n Medewer-ker lei hom sorgsaam sodat hy nie in ’n sitbank vasloop nie. Dit lyk asof hy blind is. Van die kursusgangers haas hulle om hom met die hand te groet. Dit blyk dat baie van hulle hom ken. Sedert die eerste opleidingsdag het mense die Geopende Deure-span aangeraai om met hom te praat en sy uitsonderlike verhaal van geloof, moed en gehoorsaamheid te hoor.

Nuuskierig oor Christus
Sy naam is Ronald, ’n algemene Indonesiese naam. Hy het in ’n stoere Moslem-gesin grootgeword, uit die Makassaar-etniese groep. Vir hulle is Islam hulle identiteit.
As kind het Ronald saam met sy pa, wat in die weermag was, na Papoea verhuis. Papoea is ’n gebied in Indonesië met ’n hoofsaaklik Christen-bevolking, waar konflik gereeld op-vlam. Niemand in die gebied het Ronald egter ooit van Jesus vertel nie. Sy ontmoeting met ‘Isa Almasih’ (Jesus Christus) het plaasgevind nadat sy pa hom na Makassar teruggestuur het om ’n behoorlike Islamitiese opvoeding te ontvang.
Dit was op ’n snikhete dag dat Ronald en sy vriende besig was om die boek Maryam in die Koran te bestudeer. Die melding van Isa in hulle heilige boek het hom so laat wonder dat hy sy onderwyser gevra het: “As Isa die belangrikste profeet op aarde en in die Hemel was, hoekom aanbid ons Hom nie ook nie?” Die onderwyser het probeer om Ronald se nuuskierigheid af te maak: “Moet jou nie daarmee ophou nie. Dit is vir die Christene geskryf.”

Vervolg deur sy gesin
Die antwoord het sy hart verontrus en hom uiteindelik gedring om die kampus te verlaat en na Papoea terug te keer om aan ’n plaaslike universiteit te studeer. Omring deur gelowiges het sy kennis van Christus toegeneem. Dit het egter jare lank geneem voordat hy die Christelike geloof ten volle aangeneem het. Dit het gebeur nadat hy in ’n droom ’n ontmoeting met Jesus gehad het en toe aan ’n Belgiese pastoor voorgestel is wat in die gebied bedien het. Kort nadat Ronald sy graad voltooi het, is hy na ’n Bybelskool.
Eendag het hy ’n uitnodiging ontvang. Sy pa het hom gevra om ’n groot familie-vergadering by te woon. Roland was bekommerd, maar het ingestem; dit was duidelik dat sy pa van sy nuwe geloof te hore gekom het. Terug in sy tuisdorp het sy hele gesin hom woedend uitgeskel die oomblik toe hy by die deur instap. Sy pa en drie ouer broers
het hom gedreig: “Hoe kan jy die god van die ongelowiges volg? Geen Makassaar behoort sy rug op Islam te keer nie! Bekeer jou en bid die Shahadat (belydenis van Islamitiese geloof), of jy gaan hel toe!”

Aangerand en bebloed
Hoewel dit sy hart gebreek het om sy gesin teen te gaan, het Ronald geantwoord:
“Jesus, die Een vir wie julle verwerp, kan die hel in die Hemel verander.”
Geskok deur sy onverskrokke antwoord, het die vier mans hulle bloedig vererg en hom woedend begin slaan. Die hewige pyn het hom amper sy bewussyn laat verloor. Op daardie oomblik het Ronald die Here se aanraking gevoel. “God het my versterk en Sy heerlikheid was oor my,” vertel hy. Die geestelike gewaarwording het hom in staat gestel om standvastig in Christus te bly.
Terwyl Ronald die houe verduur het, het nog ’n broer by die huis aangekom. Hy was dronk en het Ronald ook begin aanrand. Sy stewels het Ronald se kop beseer en hewige bloeding veroorsaak. Sy pa en broers het hom vir dood op die strand neergegooi en sy liggaam met ’n stuk lap bedek.
Ronald sou gesterf het as dit nie vir ’n plaaslike pastoor was wat daar verbygestap het nie. Vroeër die aand het die Here in ’n droom aan die pastoor verskyn en hom versoek om vir ’n oggendwandeling op die strand te gaan. Deur sy gehoorsaamheid kon hy Ronald se lewe red. “Toe hy op my afgekom het, was ek vol wonde, bloedbe-smeer en blind,” onthou Ronald pynlik.

Geestelike insig
Deur God se genade het Ronald die aanranding oorleef wat hom sy sig gekos het. Sy gehoorsaamheid het nie gewankel nie en sy lyding was nie verniet nie. Deur sy ervaring kan hy ander Christene wat vervolging in die gesig staar, aanmoedig om vas te staan in hulle geloof. Hy rus hulle ook toe met kennis van Islam sodat hulle eendag ander Moslems met die waarheid oor Jesus kan seën.
Voorheen ’n dosent en Bybelleraar, het Ronald die plaaslike Christene verbaas met sy vermoë om die teksverse te onthou en te preek sonder om die Skrif te lees. “Dit is die krag van God,” sê hy. Ek het my oë verloor, maar ek het Jesus. Hy is die Een wat geestelike insig skenk – ek het nie oë nodig nie.”

Bid vir Indonesië
Indonesië, met ‘n bevolking waarvan 86% Moslem is, het die grootste Moslem-bevol-king ter wêreld en is 47ste op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys. Besoek ons webwerf vir meer inligting oor Indonesië en die jaarlikse Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys.


Kontak: T : 011 888 9341 | F : 011 888 9362 | E-pos: southafrica@od.org | Webtuiste: www.opendoors.org.za

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)