Deur: Gary Kieswetter

Wat staan jou te doen wanneer jy weet dat jy binnekort in die leeukuil gegooi gaan word en dat jou lot verseël is?

’n Voortreflike gees
In Daniël 6 staan daar dat Daniël een van drie ministers was wat oor 120 goewerneurs-generaal van die Persiese koninkryk aangestel is. Daniël het baie guns by die koning geniet. Die koning het vir Daniël vertrou en van hom gehou omdat daar volgens die Bybel “’n voortreflike gees” in Daniël was (v.4).

Jaloesie en slinkse planne
Die Bybel sê die 120 leiers het uit jaloesie na die koning gegaan en gesê: “O koning, vaardig nou ’n wet uit en beëdig dit met u seël – sodat dit nie verander kan word nie – dat as enige persoon in die volgende dertig dae tot enige ander god of mens behalwe u bid, o koning, hulle in die leeukuil gegooi moet word.” En die koning skryf toe die verbod en sit sy seël daarop.

Kort voor lank is die leiers terug by die koning om vir hom met groot genot te vertel dat Daniël nie die nuwe wet gehoorsaam het nie: “Hy het u geminag!” kla hulle Daniël aan. “Hy het weer voor sy God gaan kniel en gebid. U moet die wet toepas.” Die Bybel sê die koning het die hele dag lank probeer om Daniël te red, maar hy kon nie; sy lot was verseël.

DANIËL SE VOORBEELD
Wat het Daniël nie gedoen nie?
Toe hy die wet hoor, het hy nie ’n kompromie aangegaan en die vensters van sy kamer se luike toegemaak om in die geheim te bid nie. Hy het hom nie geskaam om hom openlik by God te skaar nie. Hy wou hom nie skuldig daaraan maak om vir 30 dae (90 geleenthede) nie met sy God te kommunikeer nie. Hy het geweet as hy nie met God praat en Sy stem hoor nie, is hy
klaar dood.

Hy het nie die Here gevra om die leeus dood te maak nie. Hy het nie die Here gevra om die omstandighede te verander nie. Hy het nie vir sy lewe gepleit nie.

Wat het Daniël wel gedoen?
Hy het gedoen wat hy jare lank elke dag gedoen het. Hy was getrou en het elke dag sy knie voor sy God gebuig. Drie keer per dag het hy gaan bid – in tye toe hy nie in gevaar was nie. As dit jou lewenswyse is om God te vertrou en te eer wanneer dinge goed gaan en dit maklik is om te voel dat jy Sy hulp eintlik “nie nodig” het nie, gaan dit vir jou natuurlik wees om ook in tye van nood en beproewing eerste Sy aangesig te soek. Wat het Daniël gedoen? Hy het die venster oopgemaak, op sy knieë geval en in gebed na God toe gegaan.

In die leeukuil
Toe hulle vir Daniël in die leeukuil gooi, het die koning vir hom gesê: “Mag jou God wat jy met soveel volharding dien, jou red” – Daniël 6:17. (Net terloops – die wêreld het deesdae partykeer ’n groter verwagting van God as wat die Kerk het!) Die volgende oggend het die koning hom na die leeukuil gehaas. “Daniël … was jou God wat jy met soveel volharding dien, in staat om jou van die leeus te red?” Daniël het hom geantwoord en gesê: “Die Here God het sy engel na my toe gestuur en die bekke van al die leeus toegesluit” (v.23). Let op, God het nie die leeus verlam nie. Hy het hulle bekke toegemaak dat hulle nie kon brul en vir Daniël beangs maak nie; hulle kon hom ook nie byt nie.

Wanneer jy op God vertrou
Daniël verklaar: “God het my lewe gespaar, want ek was rein en onskuldig voor Hom.” Die koning het hom verheug uit die leeukuil laat haal en die Bybel noem spesifiek dat daar nie ’n letsel op Daniël te vinde was nie! Hoekom? “… omdat hy op sy God vertrou het” (v.24).

Wanneer jy God vertrou, maak jy ruimte vir God in jou omstandighede sodat Hy dit ten goede kan verander. Vertrou op die Here en verwag ’n wonderwerk sodat jy bo die omstandighede kan uitstyg en God kan loof en prys.

GARY KIESWETTER is saam met sy vrou, Rhona, die senior leiers van Die Bron. Besoek www.diebron.co.za of kontak hom by info@diebron.co.za


29 Mei 2022

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org