Kan jy glo dit is al Novembermaand? Die jaar was heeltemal anders as wat ons verwag het. As ons terugkyk, sien ons leë kalenders, maar nog leër beursies.
Vlakke van inperking, aanlyn onderwys, ’n aandklokreël, maskers en nuwe begrotings in ons persoonlike lewe en besighede het die nuwe normaal geword. Hierdie aanpassings is radikaal en almal is op die een of ander manier hierdeur geraak.

Paulus tydens sý tyd van inperking
Paulus sit self in vlak 5 van inperking wanneer hy in Filippense 4:13 skryf: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Hy het nie geweet wat die uiteinde van sy gevangenskap gaan wees nie. Tog bemoedig hy gelowiges vanuit sy tronksel om nie moed op te gee nie en die goeie stryd te stry.

Put jou krag uit die Here se Woord
As Radio Tygerberg 104FM het ons tydens ons onlangse Pledge-week juis luisteraars bemoedig en bedien met hierdie woorde van Paulus, want dit is al Woord wat ons deur hierdie uitdagende tye kan dra. Ons kan net ons vertroue in die Here plaas en weet waartoe ons alles in staat is.

Ons by Radio Tygerberg 104FM het vanjaar ook voor baie uitdagings te staan gekom en het die krag in die woorde van Paulus beleef. Die Here het in ons behoeftes voorsien en luisteraars het finansieel in ons radiostasie gesaai. Gevolglik kan ons verder staan op die belofte van die Here dat alles vir ons ten goede sal meewerk en dat ons ook hierdie tyd kan deurstaan en die tyd van groot beproewing kan oorleef volgens Romeine 8:37: “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.“ Belangriker as alles, ook deur hierdie vreemde angsvolle tyd, sal die Evangelie en die verkondiging van die Evangelie baat vind.

God gebruik die nietige dinge om ’n groot verskil te maak
Is alles nou al reg? Nee, maar as ons die Bybel bestudeer, sien ons God werk op onkonvensionele maniere. God gebruik klein goedjies om ’n reuseverskil in mense se lewens te maak wanneer die teleurstelling groot en die moed laag is.

Die staf in Moses se hand red duisende uit slawerny en doen tientalle wonderwerke (Eks 4:2), ’n donkiekakebeen word ’n wapen in Simson se hand wat ’n duisend Filistyne doodslaan na vele gruweldade teenoor sy stam (Rig 15:15). ’n Jong Dawid – sonder enige wapenrusting aan – gebruik ’n slingervel met vyf gladde klippies om die reus mee te verslaan (1 Sam 17:40), ’n bietjie meel en olie in die kruik van ’n weduwee voorsien dae aaneen kos aan haar, haar seun en die profeet Elia (1 Kon 17:12) en ’n wolk die grootte van ’n man se hand verander die hemelruim in ’n donker wolkmassa wat reën bring (1 Kon 18:44).

Saai in ons radiostasie
Ons het tydens ons Pledge-week in Oktober beleef hoe God op onkonvensionele maniere werk. Dit het ons ook geleer om ons meel, olie, ’n kakebeen, slingervel en staf in God se hand te plaas en God te vertrou vir 2021.

Jy kan ook in die bediening van Radio Tygerberg 104FM saai deur ’n finansiële bydrae te maak. Ons wil jou uitnooi om saam met ons die pad van vertroue te loop en saam met ons in gebed uit te roep: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee!”

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


10 November 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)