Deur: Staphan Joubert

“Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie? moet jy weet: as ’n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie.” – Deuteronomium 18:21-22

Tydens die COVID-pandemie het vele “profete” verkondig dit is die antichris se finale strategie om nuwe wêreldordes te loods. Enigiets vanaf wegrapings tot die wederkoms was op hande. Die wêreld se uurglas was leeg. Boonop is daardie “inspuiting” (die inenting!) beskou as die vervulling van die merk van die dier in Openbaring 13.

Maar toe daag 2022 op en die Korona-virus bring toe nie die wêreld tot finale stilstand nie. Geeneen van die “kenners” van die Eindyd het egter hulle fout bely nie. Al wat maar weer hier in 2022 gebeur het – soos elke vorige keer – is dat ’n nuwe krisis in die wêreld gebruik is om nog nuwe voorspellings te maak. Gerieflikheidshalwe het die oorlog in die Oekraïne hierdie platform verskaf om almal nogmaals bang te maak met nuwe weergawes van bose ordes wat alweer op pad is.

Profesie moet getoets word
Hoekom glo baie gelowiges alles wat sogenaamde eindtydkenners aan hulle opdis? Is Deuteronomium 18 se voorskrifte vir ware profesie uit hulle Bybels verwyder? Of Jeremia 23? Of Paulus se woorde in Galasiërs 1 en 1 Tessalonisense 5 dat profesie getoets moet word? Hoe is dit moontlik dat die heel basiese Nuwe Testamentiese inligting oor die eindtyd gedurig oop oë misgelees word?

Jesus het die eindtyd ingelei
Die Nuwe Testament is glashelder daaroor dat die eindtyd ingelei is met die aardse optrede van Christus. In Hebreërs 1 word die tegniese term “die laaste dae” (in Grieks: ep eschatou tōn hemerōn) reglynig verbind met die optrede van Christus op aarde. “In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun” – Hebreërs 1:1. In Handelinge 2:17 word die term “die laaste dae” ook deur Petrus gebruik (in Grieks: en tais eschetais hemerais). “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense …” – Handelinge 2:17. Dit word direk verbind met die uitstorting van die Heilige Gees op God se kinders. In 1 Johannes 2:18 hoor ons ook by Johannes dat gelowiges reeds in sy eie tyd in die laaste dae geleef het; of soos wat hy dit noem: die laaste uur (in Grieks: eschatē hōra). “Kinders, dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar ’n antichris kom; en daar is nou reeds baie antichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is.”

Daar bestaan dus geen twyfel in God se Woord dat Christus en die Gees die finale tyd hier op aarde laat aanbreek het nie, en dat dit sal voortduur tot by die wederkoms.

Die eindtyd is wanneer Jesus God se Koninkryk laat aanbreek
Die eindtyd is nie in die eerste plek die tyd van antichriste, duiwels en bose wêreldordes nie. Dit is heel eerste Christus se tyd. Dit is eerste die Heilige Gees se tyd. Die eindtyd is die tyd dat Jesus self God se Koninkryk laat aanbreek – soos wat Hy in Markus 1 en Matteus 4 leer. Hierna eers is dit die tyd dat bose magte aan die werk is, soos wat 1 Johannes 2 en 2 Petrus 3 onder meer leer.

Vreesaanjaery sonder Bybelse feite
Maar al wat vir so baie Christene oorgebly het, is ’n nimmer-eindigende vrees vir sulke sataniese magte en slegte gebeure wat volgens vele eindtydprofete op ons almal wag. Almal moet gedurig hoor van rampe en boosaardige leiers wat nog op pad is, maar dié aanhoorders word nooit met die regte Bybelse feite getroos nie. Dit is geen wonder dat die wêreld vir baie gelowiges in ’n vreemde, donker plek verander het waaruit hulle so gou as moontlik moet padgee nie. Daarom lewe te veel gelowiges met agterdog teenoor enigiemand en enigiets wat nie deur hulle verstaan word nie. Hulle enigste verklaring is dat sulke dinge ’n sataniese aanslag is of bewys is van die einde wat op hande is.

Lees die Bybel reg en in konteks
Ons moet ophou luister na mense wat Bybeltekste op onverant-woordelike maniere uit die oorspronklike Bybelse kontekste verwyder om hulle eie idees oor die laaste dae te probeer bewys. Hulle maak asof God se Woord slegs vir ons generasie geskryf is en nie ook vir Christene in die tweede eeu, sestiende eeu en negen-tiende eeu nie. Groot fout! Lees asseblief die Bybel reg.

Só bring ons die eindtyd reg deur
Gaan lees gerus weer Jesus se mooi eindtydgelykenisse in Matteus 24-25 oor hoe ons as gelowiges die eindtyd tot Sy eer moet deurbring. Dan sal jy sien dit is nou die tyd dat ons soos getroue werkers in die Here se aardse huishouding moet werk. Ons moet aanhou doen wat reg is totdat die wederkoms aanbreek (Matt 24:45-51). Dis nou die tyd om olie in ons lampe te hê, en om getrou te leef aan die Here (Matteus 25:1-13). Dit is nou die tyd om te woeker met ons talente vir die Here (Matt 25:14-30). Dit is nou die tyd dat ons armes moet dien; vreemdelinge moet versorg, en vrygewig moet lewe sodat ons op die laaste dag deel van die Here se skape sal wees (Matt 25:31-47). Só bring ons die eindtyd reg deur. Dan kruip ons nie in geestelike bomskuilings weg en vrees die volgende bose aanslag wat alweer aan ons opgedis word nie.


16 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org