—deur Karen Badenhorst

Daar is ’n fyn balans tussen hoeveel ek moet spaar en hoe oud ek gaan word! Daar word voorspel dat 80% van almal wat vandag leef, ten minste 80 jaar oud gaan word! Ook dat daar wêreldwyd teen 2030 ongeveer eenmiljoen mense gaan wees wat ouer as 100 jaar is. In Japan is daar tans 44 000 mense wat ouer as 100 is en die land spog met die rekord vir die oudste persoon, wat 122 geword het.

Hoeveel moet ek spaar?
Toe ek 20 jaar gelde in die versekeringsbedryf begin werk het, is ons geleer dat jy 10% van jou bruto inkomste vir aftrede moet spaar. Sodoende sou jy jou inkomste kon vervang en genoeg gespaar het om van te leef. Deesdae word ons geleer dat ons 15 tot 18 persent van ons salaris moet spaar, maar dan sal ons slegs 75% van ons salaris ontvang wanneer ons op 65 aftree. Dit is omdat mense al hoe langer leef na aftrede. Die hartseer werklikheid is dat die meeste mense reeds in die eerste maand ná aftrede met slegs 40% van hul laaste salarisse aftree. Dit is ’n 60% afname in hul inkomste! Daarom wys die statistieke dat slegs 6% van alle Suid-Afrikaners kan aftree.

Raad
Begin vroegtydig spaar – sommer met daardie eerste salaristjek wat jy kry. Jy het tyd aan jou kant wat vir jou die effek van gekapitaliseerde rente gee. Behou wat jy het. Moenie sommer net alles stop omdat die land se ekonomie nie 100% is nie, of as jy sien dat jou uittree-annuïteit nie groei nie. Statistiek bewys dat daardie kliënte wat hul produk behou en aanhou betaal, wel oor die lange duur goeie waarde vir hul geld kry.

Wat van ’n mediese fonds?
In die verlede het jou werk jou mediese fondsbetalings met aftrede gedek– veral as jy langer as 20 jaar lank vir ’n firma gewerk het. Deesdae is dit nie meer die geval nie. Jy moet nou met jou aftree-beplanning ook voorsiening maak vir jou mediese fonds-paaiemente.

Vertrou op God
Ek herinner jou aan Psalm 37:3 “Woon en werk rustig voort.” Vertrou op God en nie op geld nie. 2 Korintiërs 9:8 leer ons: “En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.” Daarom beveel ek aan dat ons rustig aangaan met ons dagtake en ons plan vir aftrede getrou navolg. Skakel gerus vir ’n gratis kwotasie vir jou aftreevoorsiening!


KAREN BADENHORST het haar oor die afgelope 20 jaar in die finansiële bedryf bekwaam en het ’n gevestigde praktyk met lojale kliënte. Sy is getroud met Quintin en hulle het vier kinders.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)