Deur: David Malherbe

In die tyd waarin ons leef, is die omvang van werkloosheid so groot, selfs onder goed gekwalifiseerde mense, dat dit byna verwaand klink om te vra of jy net jou werk doen om brood op die tafel te sit en of dit werklik vir jou ’n roeping is.

Tog reken Richard Bolles, ’n loopbaankonsultant en voormalige leraar, in What Color is your Parachute? dat die een vraag waarmee baie mense worstel, is: Hoekom is ek hier op aarde? Ons wil nie voel dat ons net nog ’n sandkorrel op die strand van die mensdom is nie; ongenommer en verlore tussen miljarde ander mense.

Ons wil voel ons is vir die een of ander spesiale doel hier op aarde geplaas, ons wil weet wat ons doel of missie is. As ons hieroor begin nadink, is daar gewoonlik ’n groot verskil tussen wat jou kop en jou hart sê. Jou verstand wil gewoonlik die veilige opsie van ’n veilige werk kies, terwyl jou hart jou drome wil volg. Dikwels is dit eers wanneer iets drasties in jou lewe gebeur en jou tot stilstand ruk, dat jy nuut oor jou lewe begin dink.

Die potensiaal vir transformasie
Andrew Matthews, die Australiese outeur en motiveringspreker, skryf in Follow your Heart: “Elke gebeurtenis het die potensiaal om ons te transformeer en rampe het die grootste potensiaal om ons denke te verander.” Soms is dit die koms van jou middeljare wat jou laat begin nadink oor jou lewe; soms ’n ernstige knou in jou gesondheid of dalk dat jy jou werk verloor het of sommer net uit frustrasie bedank het.

Herbesin oor jou bestaansrede
Wanneer ’n mens met so ’n situasie gekonfronteer word, is jy geneig om meer na jou hart te begin luister. Bolles beklemtoon dat so ’n besinning veral sterk na vore kom wanneer jy sonder werk is. Dit gee jou ’n kans om te herbesin oor hoekom jy hier op aarde is en wat jou unieke roeping of missie is.

Dit word ’n groter lewensoorgang wanneer jy nie ’n werk kan kry wat dieselfde is as wat jy nog altyd gedoen het nie. Aangesien jy dan een ding moet heroorweeg, begin jy dikwels om alles te heroorweeg. Iets ontwaak binne jou. Noem dit ’n verlange. Noem dit hoop. Jy besef die droom wat jy gedroom het, het nie gesterf nie en jy wil dit moontlik weer opsoek. Jy hervat jou soektog na die lewe wat jy in jou hart wéét die bedoeling vir jou was om te lei.

Nou het jy ’n kans om jou werk en geloofsoortuigings met mekaar te versoen, om te praat van ’n roeping en die regte rigting vir jou lewe – om te besin oor hoekom jy hier is en watter planne God vir jou het. Daarom reken Bolles dat ’n tydperk van werkloosheid jou lewe heeltemal kan verander.

Jaag na geld is ’n leë doel
Hoewel ons almal geld nodig het en meer daarvan die lewe aansienlik vergemaklik, is die jaag na meer geld op sigself, ’n leë doel. Toe Michelangelo besig was om die Sistynse kapel te skilder, is daar vir hom gesê: “Hierdie werk kan jou jou lewe kos!” Sy antwoord was: “Waarvoor anders lewe ek dan?” Dit wil sê dit was vir hom ’n lewenstaak, ’n werk waarin hy sy lewe uitgegiet het, by wyse van spreke.

Hiernamaalse beloning
Ek glo dit is onder meer wat Paulus in 2 Timoteus 4:6-7 (NLV) bedoel: “Wat my betref, word my lewe alreeds uitgegiet as ’n offer aan God. Die tyd van my dood is op hande. Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly.” Dit beteken dat al die werke wat jy hier op aarde doen, soos ’n vol beker is wat uitgegiet word totdat dit leeg is.

Ons sien dan in vers agt Paulus se ewigheidsperspektief op sy loopbaan hier op aarde: “En nou wag die prys vir my: die lourierkrans vir ’n lewe in gehoorsaamheid wat die Here die regverdige beoordelaar, my sal gee op die groot dag van Sy terugkeer.” Dit wil sê die beloning vir ons werk hier op aarde gaan nie net oor wat ons in die hier en nou verdien nie, maar daar is ook ’n beloning in die lewe hierna.

Die Here het ons werke vir ons voorberei
Efesiërs 2:10 sê: “… in Christus Jesus het Hy (God) ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Dit beteken nie ons moet almal predikante of sendelinge word nie. Nee, ons moet “goeie” werke doen volgens die gawes en talente wat die Here ons elkeen gegee het. ’n Mens se roeping lê meestal daar waar jou gawes en talente ’n probleem in die wêreld kan help oplos.

As ek kyk na die motorwerktuigkundige wat my motor op die pad hou, sien ek iemand wat besig is om met ‘n liefde vir sy werk, sy lewe uit te giet in diens aan sy medemens. Vir hom is dit sy lewe.

Ek sit egter ook in die kerk en sien ’n predikant wat die aftree-ouderdom nader en ek dink: Hier is ’n man wat sy lewe in diens van die Here uitgegiet het. Die predikant het egter ook ’n motorwerktuigkundige nodig en soms het jy ’n loopbaankonsultant nodig om jou te help om daardie regte rigting/loopbaan vir jou lewe te vind. Ons het mekaar nodig.

Waarin giet jy jou lewe uit?
Ons elkeen het één lewe. Waarin giet jy jou lewe uit? Wyle Bob Buford,wat bekendheid verwerf het met sy boek, Halftime, het gesê hy glo wanneer ons sterwe, sal ons twee vrae voor God moet beantwoord. Eerstens: Wat het jy met Jesus gedoen? Het jy Hom aangeneem of verwerp? Tweedens: Wat het jy gedoen met die gawes en talente wat God jou gegee het?

“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” – 1 Korintiërs 10:31. Dien jy eerstens God en tweedens jou medemens met die gawes en talente wat God jou gegee het? Volgens Bolles is dít ons elkeen se doel of missie hier op aarde.

DAVID MALHERBE is ‘n geregistreerde Career Direct-loopbaankonsultant en kenner van CV’s en LinkedIn. Kontak hom via sy webblad by www.jedidiah.org.za


20 Mei

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org