Deur: Neil Powell

Hoe spel kinders liefde? T.Y.D.” Ek het hierdie stelling as ’n jong student op ’n muur van Pretty Gardens in Bloemfontein gelees. Dit het dadelik my aandag getrek en bly my nou nog by.

’n Bedekte seën
Hoewel ons tydens die inperking en die koronapandemie baie uitdagings beleef – veral op ’n finansiële vlak – is daar tog seëninge. Veral wanneer ’n mens verby al die uitdagings kyk. Is een van daardie seëninge nie juis dat ouers nou die kans kry om baie tyd by die huis saam met hulle kinders deur te bring nie? “En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” – Maleagi 4:6. In Engels lui dit: “And he will come and turn the hearts of the fathers to their children , and the hearts of the children to their fathers. Otherwise I will come and strike the land with a curse.”

God se bedoeling vir gesinne
Is dit nie wat God met hierdie pandemie gedoen het nie? Wanneer ’n mens in die dolle gejaag, die rat race is, oorleef jy net. Lewe ’n mens regtig of spartel jy net om genoeg geld te verdien om deur die maand te kom en dan volgende maand die kringloop net van voor af te begin? Was dit nie God se bedoeling dat die lewe eintlik moet wees soos ons dit nou in die pandemietyd beleef nie? Om regtig jou tyd so te bestee dat jy by jou kinders se harte uitkom. Verstaan my reg, ek weet ’n mens moet werk om geld te verdien, maar het ons nie die balans ’n bietjie verloor nie?

Beste herinneringe
Hoe onvergeetlik is die tyd nie waar ’n mens tyd in jou kinders kon belê en seëninge oor hulle kon uitspreek nie? Jou kinders kon sien hoe jy agtuur in die oggend tyd in die Woord deurbring, terwyl jy voorheen tydens die dolle gejaag sesuur jou Bybel moes lees omdat jy halfagt by die werk moes wees. Een van my beste herinneringe sal wees hoe ons as gesin in die aande almal soos sardientjies op een stoel styf teenmekaar sit en die dag uit die Kinderbybel afsluit en elkeen ’n beurt kry om te bid. Wat ’n wonderlike voorreg was en is dit nie.

Tot in die duisendste geslag
“Jy mag hulle nie vereer of dien nie [afgode], want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam” – Eksodus 20:5-6. Hy betoon Sy liefde tot aan die duisendste geslag van die wat Hom liefhet … Dit laat my in verwondering voor Hom staan.
Dankie Here, vir die tyd wat ek nou gehad het om my twee seuns uit U Woord van U te leer en dat ek tyd by die huis gehad het om U seëninge oor hulle lewens uit te spreek.

Mag julle geseënd wees
Ek sluit af met die woorde van Kari Jobe se liedjie, “The Blessing”: “May His favour be upon you. And a thousand generations. And your family and your children. And their children and their children.”

Skandeer hierdie kode om na hierdie seëning oor jou en jou gesin te luister.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

7 Augustus 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)