Deur: Henry Pike

Hartseer is oral om jou. Dit is by jou werk, binne jou vriendekring, in jou familie, selfs in jou eie gesin. Dalk is jy die een wat hartseer is. Hartseer in die sin dat vandat daardie “ding”, of “iets” met jou gebeur het, jy nooit weer dieselfde was nie. Jý weet dit en almal om jou weet dit.

Die plek waar niks meer sin maak nie
Die grootste teleurstelling vir die meeste mense is teleurstelling in God, want hulle was oortuig dat God hulle teen uitdagings en tye van teëspoed sou beskerm. Maar nou het “dit” met jou gebeur en jy het al jou vrymoedigheid in God verloor, amper jou geloof ook en nou sit jy hier waar niks meer sin maak nie.

Hoe lyk ’n verslae gees?
“Die gees van ’n man ondersteun hom in sy krankheid; maar ’n verslae gees — wie kan dit opbeur (oplig)?” – Spreuke 18:14. Iemand met ’n verslae gees, is die persoon wat sy begeerte om te lewe verloor het. Iemand wat nie die vermoë het om op te staan en iets aan hulle situasie te doen nie, want alles het moeite geword. Hulle wíl, maar hulle kan nie en kán ook nie, want hulle wil nie. Dít is hoe ’n verslae gees lyk.

Wie jy regtig is
Gees is wie jy regtig is. Jy is nie die liggaam waarin jy lewe nie, want wanneer jy afsterf, gaan jy iewers heen. Dus, “die gees van ’n man” is ’n verwysing na wie jy regtig is.

Niks sal jou gelukkig maak nie
Ons is so ingestel om altyd na die uiterlike te kyk en aandag te gee aan eksterne dinge wat ons dínk ons gelukkig kan maak, terwyl dit eintlik die tye is wat ons inruim om onsself in God se teenwoordigheid te stig soos Hy Homself aan
ons openbaar.

Daar is baie ryk mense op aarde wat alles in die lewe het, maar steeds is hulle die ongelukkigste mense op aarde. Die wêreldberoemdes, so bekend, tog so alleen. Baie het met die droomman/-vrou getrou, maar dit is ook nie wat hulle gedink het dit gaan wees nie. As jy verslae is in jou gees, sal al die skatte van die wêreld, verhoudings, droomman/-vrou jou nie gelukkig kan maak nie.

Die oorsprong van verslaenheid
As ons kan leer wat ’n verslae gees veroorsaak, sal dit vir ons ’n aanwins wees – al ervaar ons teleurstellings, sal ons nie platgevee word nie. Lyding begin sodra iets waarop ons vertrou het om ons gelukkig en gemaklik te maak, weggeneem word.

Waarop stel jy jou vertroue en hoop?
Teoloë verduidelik aan die hand van Spreuke 15:13 dat dínge waarop jy vertrou buiten God, jou dalk aanvanklik gelukkig maak, maar mettertyd sal dit na teleurstelling lei, want net God stel nie teleur nie. Tog hoop en vertrou ons maklik eerder op “iets” as op God. “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand” – Matteus 22:37. Die Here moet elke Christen se vreugde, blydskap, geluk en lewe wees. As enigiets God se plek inneem – dit kan dinge wees soos ’n verhouding, finansies, gesondheid of ’n sekere beroep waarin jy soveel hóóp plaas om jou gelukkig te maak – kan jy so teleurgestel word dat dit jou gees verwond en jy verslae van gees word.

“Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid” – Spreuke 13:12 (NLV). Verwagtings is dít wat ek hoop met my gaan gebeur sodat ek werklik gelukkig en vervuld sal wees. Weer eens plaas ek soveel op ’n persoon of ’n eksterne ervaring om gelukkig te wees, maar mense is nie getrou nie en situasies is onvoorspelbaar (Ps 146:3-5).

Vrede te midde van ellende
Angs is nog ’n rede vir ’n verslae gees (Spr 12:25). Die trauma van die verlede kan jou geloof in God so broos maak, dat jy geen hoop vir die toekoms het nie. Maar wat het dit veroorsaak? Is dit dalk iets waarop jy met jou hele hart gehoop het wat toe nie gebeur het nie? Dalk was dit iets wat jy gedink het nooit met jou sal gebeur nie en toe het dit? In Johannes 16:33 berei Jesus Sy dissipels voor op die komende ellende sodat hulle vrede kon hê wanneer dit gebeur en nie beangs en ongelowig raak nie. Daarom moet ons ook besef dat ons aan ellende blootgestel kan word – tog is dit moontlik om steeds geloof en hoop in God te behou wanneer dit gebeur.

Plaas jou hoop in Jesus
”’n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom” – Spreuke 12:13. Een kommentator van Spreuke sê dat Salomo vir ons leer dat alles waarop mense vir vreugde en lewe vertrou tot verslaenheid sal lei as hulle nie op God alleen daarvoor vertrou nie. Daarom is hy van mening dat hoop in enigiets anders, die hart siek maak, want net Jesus is die Lewensboom en niks kan Hom ooit vervang nie.

HENRY PIKE is een van die leraars van Die Bron-kerk en is aan die hoof van die aanbiddingsbediening. Kontak hom by henry@diebron.co.za


6 Augustus 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org