Deur: dr. Elza Meyer

Ná drie jaar wat die dissipels saam met Jesus gelewe het, was hulle sekerlik lief vir Hom. Saam met Hom het hulle die wonderlikste tye denkbaar beleef. Hulle het gesien hoe siekes gesond word. Petrus het beleef hoe sy skoonma deur Jesus genees is. Hulle het ervaar hoe Jesus na swakkes en sondaars omsien. (Die enigste mense wat ooit by Hom raas gekry het, was die hoogmoediges en selfgesentreerde leiers van daardie tyd.) Die dissipels het gesien hoe Jesus storms stil maak en water in wyn verander. Saam met Hom was enigiets moontlik! Ek is oortuig hulle was lief vir Hom!

Laaste woorde voor Sy lyding
Jesus het gedurende die laaste paar dae in Jerusalem ernstig en intiem met Sy dissipels gepraat. Hy het met hulle gedeel dat Hy sou ly en sterf, maar dat Hy weer uit die dood sou opstaan. Hy het beloof om hulle nie alleen agter te laat nie, maar ’n spesiale Trooster te stuur wat nie slegs by hulle sou bly nie, maar ín hulle sou woon en hulle sou herinner aan alles wat Hy vir hulle geleer het.

Presies hóé lief was hulle vir Jesus?
Toe alles verloop soos Hy voorspel het, was hulle verslae. Die skok en trauma van Jesus se lyding het hulle totaal ontspoor. Hulle teleurgestelde verwagtinge het hulle verwar. Petrus het selfs ontken dat Hy Jesus geken het. Was hulle nog lief vir Jesus? Sekerlik. Hy was tog lank ’n integrale deel van hul lewens. Presies hóé lief hulle vir Hom was, sou ons lank oor kon debatteer. Miskien help Jesus se gesprek met Petrus in Johannes 21 ons om ’n beter begrip te vorm.

By die Meer van Tiberias
Sewe van Jesus se dissipels was besig om by die Meer van Tiberias (die See van Galilea) sonder enige sukses vis te vang. Na ’n vrugtelose nag het hulle teruggekeer strand toe en Jesus daar aangetref. Aanvanklik het hulle nie besef dat dit Hy was nie. Eers toe hulle op Sy aanbeveling die nette aan die ander kant van die boot uitgegooi het en ’n massa vis intrek, het hulle besef dat dit Hy is. Petrus het dadelik uit die boot gespring en na Jesus toe gegaan.

Drie vrae, drie antwoorde
Jesus het vir hulle ontbyt gemaak en ná ete met Petrus gepraat. Net soos Petrus drie maal vir Jesus verloën het, het Jesus ook vir Petrus drie maal die geleentheid gegee om te bevestig dat hy Hom steeds liefhet. Petrus se antwoord op Jesus se drie vrae gee vir ons groter insig.

Petrus kon nie voorgee nie
Aanvanklik het Jesus vir Petrus gevra of hy Hom met ’n agapé-liefde liefhet. Hierop het Petrus geantwoord dat hy Jesus met ’n fileo-liefde liefhet. Die verskil tussen die twee vorme van liefde in die Griekse teks spreek boekdele.
Jesus vra twee uit die drie keer vir Petrus of hy Hom agapé, met ander woorde of hy Hom liefhet met ’n onvoorwaardelike liefde sonder perke – die liefde waarmee God ons liefhet. En elke keer moes Petrus antwoord dat hy Jesus liefhet soos wat hy ’n broer liefhet. Ek is seker dat Petrus baie verleë was oor sy antwoord, maar dat hy eenvoudig nie kon voorgee nie. Dit was nie moontlik om vir die Meester ’n leuen te vertel nie.

Geen oordeel nie
Toe Jesus vir Petrus ’n derde keer dieselfde vraag vra, het Hy vir Petrus gevra of hy Hom fileo, waarop Petrus bevestigend geantwoord het. Daar was nie oordeel in Jesus se vrae nie. Inteendeel, ongeag die gebrokenheid van Petrus se antwoorde het Jesus ál drie keer vir Petrus die verantwoordelikheid vir die versorging van die gemeente, wat nog sou ontstaan, gegee.

Ons vaar nie beter as Petrus nie
Ons verklaar so maklik dat ons Jesus liefhet, maar die vlak waarop ons Hom bemin, is die meeste van die tyd niks meer as fileo-liefde nie. Ons vaar nie beter as Petrus nie. Ons harte raak ook weens pyn en trauma verstrengel. Besigwees en ander prioriteite beroof ons van agapé-liefde, met die gevolg dat God nie die nodige prioriteit geniet nie. Gelukkig los Jesus ons nie waar ons is nie. Hy begelei ons, soos vir Petrus, om Hom hoe langer, hoe meer lief te kry.

Die Heilige Gees bring verdiepte liefde
Nadat Petrus met die Heilige Gees vervul is, het sy liefde vir Jesus begin verdiep. Hy het vreesloos van Jesus getuig en wonders en tekens het sy getuienis en bediening gekenmerk. Aan die einde van sy lewe hét iemand anders hom toe geneem waar hy nie wou wees nie, soos Jesus in Johannes 21 voorspel het, maar teen daardie tyd was Jesus sy hoogste prioriteit en eerste liefde. Uit buite-Bybelse geskrifte weet ons dat Petrus aan ’n kruis gesterf het vir sy geloof. Sy liefde vir Jesus het hom gedring om sy vervolgers te vra om hom onderstebo te kruisig, aangesien hy nie waardig was om soos sy Here te sterf nie.

Moenie onttrek weens jou gebrekkige liefde nie
Moenie toelaat dat jou foute en gebrekkige liefde vir Jesus jou van ons Here vervreem nie. Skaamte kan ’n mens dring om terug te trek en onbewustelik jou hart te verhard. Praat met die Heilige Gees oor jou liefde vir Jesus en vra Hom om jou in ’n dieper liefde vir jou Here te lei. Behou ’n sagte hart, gewillig om jou gebreke te bely en jy sal vind hoe die Meester jou leer om Hom met jou hele wese te bemin.

DR. ELZA MEYER is die stigter van Turn2God-bedieninge. Kontak haar by elza@turn2god.co.za


16 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org