By Legion of Lions is ons hoofdoelwit om ons rol te vervul in die opbou van ons reënboognasie deur besigheidsgeleenthede en entrepreneurstalent bymekaar te bring deur medewerking, sakeprojekte, finansiering en wêreldwye distribusie. Die groot bron van kreatiwiteit en potensiaal vir sake-innovasie in Suid-Afrika – opgesluit in ons mans en vroue – is noemenswaardig.

Te min vroue besit ondernemings
Hoewel meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse bevolking vroue is, word minder as 40% van die klein- tot middelslagondernemings (SMO’s) deur vroue besit.

Bystand vir sakevroue
SMO’s kan Suid-Afrika se ekonomie verander, daarom wil ons vroue aanmoedig en bystaan om hulle eie ondernemings te begin. Suid-Afrikaanse vroue, veral as hulle enkelouers is, lê dikwels baie deursettingsvermoë en dryfkrag aan die dag – soms uit pure nood.

Hoe doen ons dit?
Wat kan ons doen om vroue se besighede te help groei; om rolmodelle en netwerke vir vroue in Suid-Afrika te skep en hulle entrepreneursvaardighede te help ontwikkel? Ons moet hande vat en groter toegang tot geleenthede, finansiering, sake-afrigting en -opleiding bied. Ons moet vroue en jong entrepreneurs help om volhoubare ondernemings te laat groei, wat werkloosheid kan help bekamp.

Raak betrokke
Raak betrokke by ons internasionale projekte of bemagtigings- en afrigtingsprogramme vir entrepreneurs uit alle demografiese groepe. Kontak ons by ​​empower@legionoflions.com


27 April

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)