Deur: Herman de Kock

Hoe hanteer jy ’n kind se vraag oor hoe om ’n Christen te word? Daar is ’n handige metode in Romeine wat kinders se nuuskierigheid en aptyt vir avontuur prikkel. Hou dit aan hulle voor as ’n reis waarop ons gaan; Romeine het vir ons ’n kaart. Op hierdie padkaart is daar vyf bakens:

Romeine 3:23 – die eerste baken: Weens Adam en Eva se sonde word ons sondig gebore en is ons verlore. Die sonde bring afstand tussen ons en God. Hoe kom ons weer by Hom uit?

Romeine 6:20-23 – die tweede baken: God bied deur Jesus Christus vir ons ’n geskenk wat ons nie verdien nie: die ewige lewe saam met Hom. God wil die afstand tussen Hom en ons verwyder en ons ’n ewige lewe sonder sonde gee.

Romeine 5:8-9 – die derde baken: Wat is God se plan om sondige mense weer by Hom uit te kry? Romeine 5:8-9 vertel ons dat selfs toe ons nog sondig was, het God ons só liefgehad dat Jesus in ons plek vir ons sonde gesterf het. Hy het vir ons sonde kom betaal sodat ons nie self daarvoor hoef te betaal nie.

Romeine 10:9-11 – die vierde baken: Ons ontvang ’n onverdiende geskenk. Ons kan niks uit ons eie krag doen om onsself te red nie. Ons moet onsself en ons lewens aan Jesus oorgee. Die Heilige Gees werk dan in ons en gee ons geestelike gawes, krag om te getuig en die begeerte om meer uit Sy Woord te leer.

Romeine 5:13 – die vyfde baken: As ons ons lewens aan Jesus oorgegee het, kan ons verseker wees van ons redding van sonde en die ewige lewe. Ons ontvang dit deur genade alleen in geloof.

Probeer gerus hierdie padkaartavontuur in Romeine. ’n Mens kan dit baie kreatief en lekker maak vir kinders!

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.

www.geloofstroom.org

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


4 November 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)