Deur: David Malherbe

Ons lewe in buitengewoon onseker tye wat beplanning aansienlik kompliseer. Beurtkrag en oproerigheid raak ons almal. Dit het ’n negatiewe uitwerking op elkeen, asook die land se produktiwiteit as ’n geheel.
Ons was jare lank gewoond aan ’n redelik stabiele omgewing wat beplanning en besluitneming in ’n goed gestruktureerde bedryfsomgewing vergemaklik het. Nou verg dit van ons almal om voortdurend ons planne aan te pas, terwyl besighede duisende moet spandeer om self noodkrag te voorsien om deurlopend te kan besigheid doen.

Onsekerheid nie uniek aan ons tye nie
Groot onsekerheid is beslis ontwrigtend, dog nie uniek aan ons dag nie. Die Israeliete se veertig jaar in die woestyn was ook ’n tyd van voortdurende onsekerheid. Hulle moes elke dag gereed wees om op te pak en te trek.
“Op bevel van die Here het die Israeliete weggetrek, en op sy bevel het hulle kamp opgeslaan; gedurende die hele tyd dat die wolk op die tabernakel gerus het, het hulle in die kamp gebly. Soms het die wolk net ’n paar dae op die tabernakel gerus. Wat die geval ook al was, op die bevel van die Here het hulle kamp opgeslaan en op sy bevel het hulle weggetrek. Soms was die wolk net van die aand af tot die volgende môre toe daar, en as dit dan in die môre optrek, het die volk weggetrek. Of dit bedags of snags was, as die wolk optrek, het hulle weggetrek. As die wolk ’n paar dae of ’n maand of jaar of langer op die tabernakel rus, het die Israeliete in die kamp gebly en nie weggetrek nie, maar sodra dit optrek, het hulle weggetrek. Op die bevel van die Here het hulle kamp opgeslaan en op sy bevel het hulle weggetrek” – Numeri 9:18-23.

Hulle het wel die sekerheid gehad dat hulle in God se wil was. Ondanks die voortdurende gereed wees om op te pak en te trek, het hulle geweet dit is die Here wat hulle lei.

Weet hoe afhanklik jy van God is
In Matteus 5:3 lees ons: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” As ons uit daardie oogpunt na hulle situasie kyk, beteken dit hulle was eintlik geseënd, want hulle was afhanklik van God vir alles. Is dit nie miskien iets wat ons ook besig is om te begin beleef nie?

Beweeg saam met die wolk
Ek hoor van mense wat hulle werk verloor het of hulle besighede moes sluit, maar dan hoor ek ook hoe hulle getuig van die Here se voorsiening die afgelope jaar of twee; dat Hy hulle gelei het om byvoorbeeld te verhuis, ’n nuwe werk of skole vir hulle kinders te soek of selfs ’n besigheid te begin. Vir hulle, soos met die Israeliete, was dit nie ’n maklike pad nie, maar namate hulle eie planne opgeraak en hulle hul afhanklikheid van God besef het, het hulle ook God se voorsiening beleef. Heelparty van hulle sê hulle het besef die “wolk het geskuif”. As die Here se seën is waar die wolk is, is dit belangrik om saam met die wolk te beweeg. 

Die toekoms is nie meer so duidelik nie
’n Vriend met ’n internasionale bediening wat baie gereis het, vertel van sy belewenis die afgelope paar jaar. Eerstens het Covid meegebring dat sy bediening aanlyn moes gaan, wat hom kantoorgebonde gemaak het. Tweedens het hy nog altyd baie visionêr oor die toekoms gedink, maar hy is onlangs met ’n lewensbedreigende siekte gediagnoseer. Vir hom voel dit nou soos wanneer ’n mens skielik digte mis inry en jy net ’n paar meter voor jou kan sien. Hy sê alles is nou so onseker dat sy visie en beplanning byna tot dag vir dag gereduseer word. En miskien is dit iets wat ons ook in dié onseker wêreld van vandag beleef.

Wat is vir jou die belangrikste?
Ons wil graag ver vooruit beplan. Mense vra dikwels: “Waar sien jy jouself oor vyf of tien jaar?” Ons antwoorde hou gewoonlik verband met aspekte soos besittings, finansiële welstand en dít wat ons graag wil bereik. Wanneer ’n mens egter die nuus kry dat jy dalk nog net drie of ses maande het om te leef, verander jou uitkyk radikaal. Oornag raak verhoudings vir jou die belangrikste: met die Here, jou gade, jou kinders, familie en vriende.

Dan kry die woorde van die lied, “Turn Your Eyes Upon Jesus” nuwe betekenis: “… And the things of earth will grow strangely dim, in the light of His glory and grace.” Paulus sê in 1 Korintiërs 7:31: “… dié wat met die dinge van die wêreld te doen het, moet leef asof hulle daar niks aan het nie, want hierdie wêreld soos ons hom ken, is aan die verbygaan.”

Lewe met wysheid
Tesame met die groot projekte wat ons beplan, is daar ook groot onsekerheid wat daarmee gepaardgaan. Ek glo om in hierdie dae met wysheid te lewe, moet ons ook deurgaans ’n baie korttermynvisie behou en goeie verhoudinge voorop stel. Salomo het gesê: “Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word” – Prediker 12:13. Onthou ook, God is ons rots en Hy verander nie saam met die onsekerhede van die wêreld nie. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” – Hebreërs 13:8

DAVID MALHERBE is ’n loopbaan- en besigheidskonsultant, ’n geregistreerde Career Direct-konsultant en kenner van CV’s en LinkedIn-profiele. Kontak hom by info@jedidiah.org.za


2 September 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org