Deur: Julita Kok

N mens lees dikwels van mense in die Bybel aan wie die Here ’n opdrag gegee het en dan voel jy so half in jou hart dat jy ook so gestuur sou wou word deur die Almagtige. Ek onthou hoe ek as dogtertjie gedroom het van die sendelinge wat deur die Here gebruik is en van die wonderlike stories wat hulle vertel het.

Elke roeping kom met sy uitdagings
Waar ek nou in my lewe staan en self so deur die Here gebruik word, besef ek baie goed dat elke storie met ’n uitdaging kom. Jy vertel die storie omdat God ’n weg gemaak het. Dit is nie altyd so romanties om op God se reise te gaan nie – veral as jy op ’n bed lê wat jy vermoed jy met honderde ander spesies deel en die jeukplekke die volgende oggend jou vermoedens bevestig. Jy weet ook dat dit nie so lekker is om vir God te sê: “Ja, Here, stuur my”, wanneer die mense van die omgewing jou teen die mambas waarsku of vertel van die leeus wat geleer het hoe om voertuie se deure oop te maak nie!

Die avontuur van ’n leeftyd
Maar dít kan ek sê: Om deur God gestuur te word, is ’n avontuur van ’n leeftyd. Daar is altyd iets aan die gebeur, want God is in die sielebedryf. Dit is al waaroor dit vir Hom gaan – mense en ’n verhouding met Sy kinders.

’n Boodskap van vryheid kom van ver af
Ek onthou hoe ek op een van my reise ’n ou oom van in die 80 ontmoet het. Hy het al die jare lank met ’n skuldgevoel geloop en geglo dat Jesus nie vir daardie sonde gesterf het nie. Dié aand toe ek hom kon verseker hoe lief Jesus hom het, het die boodskap ingesink. Hy het soos ’n jong seun van blydskap gehuppel. God het my na ’n afgeleë ou dorpie gestuur waar daar vir die res van die wêreld niemand van belang woon nie, om een van Sy kinders vry te maak. Die oom was so belangrik vir die Here dat Hy my al die pad gestuur het; ure lank op ’n baie lang warm pad, omdat een van Sy kinders hulp nodig gehad het. Die Woord sê so mooi, as die Seun jou vrygemaak het, is jy waarlik vry, maar moenie wag tot jy 80 is nie!

As ons dit vir Hom doen …
Op my reise het ek telkens gesien hoe die Vader bemoeienis maak met individue – dit is maar eintlik die verhaal van die verlore skaap. Ek het mense op die onmoontlikste plekke ontmoet omdat God ’n afspraak met hulle gehad het. Miskien wil God jou ook stuur. Natuurlik is die roeping nie altyd so maklik nie. My volgende opdrag is om per voertuig deur Afrika te reis – net ek alleen met my voertuig en my tent. Ek is effe skrikkerig, maar ek weet dat wanneer ek die getuienisse gaan kom deel, dit alles die moeite werd gaan wees. Want as jy dit vir die Koning van alle konings doen – vir wie jy liefhet – is dit dan enigsins moeite?

Sê “ja” as God jou roep
As God jou dus roep, skep moed en sê “ja”, want ek verseker jou dat die avontuur van ’n leeftyd voorlê. Die stille wete in jou hart: Hy ken jóú naam en almal wat aan Hom behoort. Hy ken ons elkeen se naam en dit laat my veilig voel. 

JULITA KOK is die uitvoerende hoof van NueLight, ’n musiekpublisiteitshuis wat omsien na Christelike kunstenaars wêreldwyd. Sy is egter eerstens kind van God en gaan waarheen Hy haar stuur. Kontak haar by julita@nuelight.co.za


16 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org