Deur: Christelle Rademeyer

Ek is as 37-jarige met rumatoïede artritis (gewrigsontsteking) gediagnoseer. Nadat ek ’n paar afsprake met die rumatoloog gehad het, ’n behandelingsplan en al die newe-effekte van die medikasie bespreek het, het ek besluit om eers al my opsies te oorweeg en te bid oor wat ek volgende moet doen.

Oorweldig deur al die inligting
Ek het sterk daaroor gevoel om eers ook ander opsies met ’n meer holistiese benadering te ondersoek, eerder as om tablette te gebruik om bloot van sommige van die simptome ontslae te raak. Dit was nog altyd vir my belangrik om by die wortel van ’n probleem uit te kom. In daardie stadium het ek niks van niks geweet nie en heeltemal oorweldig gevoel met al die beskikbare inligting oor ander opsies.

‘Here, is daar ’n ander uitweg?’
Met verloop van tyd het my gesondheid vinnig agteruitgegaan en met drie kinders om na om te sien, het dit vir my ’n groot uitdaging geword. Ek het een en ’n halwe jaar nadat ek gediagnoseer is in desperaatheid na die Here uitgeroep en Hom gevra vir ’n ander uitweg as om medikasie te neem – wat ek in daardie stadium sterk oorweeg het.

Nuwe insig en hoop
Ons gesin het die maand daarna die geleent-heid gehad om ons familie in die Strand te besoek. My skoonsuster het met my aan-koms ’n bietjie geskrik toe sy my sien. Sy het my van Johan Jacobs en Go Natural vertel; van sy wonderbaarlike herstel van veelvuldige sklerose. Sy het dit ten sterkste aanbeveel dat ek ’n afspraak met hom maak. Ek het daarin geslaag om in daardie week ’n afspraak met hom te kry en die besoek was baie insiggewend. Ek het so verlig gevoel toe ek sy kantoor verlaat het en baie van wat hy gesê het, het by my aanklank gevind. Sy boek was ’n absolute openbaring oor tandheelkundige gesondheid en die gevare van dentale patologie.

’n Wonderbaarlike bevestiging
Terug in die Verenigde Koninkryk het ek en my man vir wysheid gebid. Ek het die Here gevra of dit Sy wil is dat ek hierdie pad moet volg, en indien wel, dat Hy iemand sal voorsien wat ’n biologiese tandarts in die Verenigde Koninkryk sal kan aanbeveel en dat hulle ook ’n positiewe getuienis sal hê. ’n Maand daarna het ek na Denemarke gereis en presies so iemand ontmoet. Die persoon was ook van die Verenigde Koninkryk en was net op besoek aan Denemarke. Weer eens was die Here getrou. Hy het bevestig dat ek hierdie pad moet volg.

Die wortel van die probleem blootgelê
In Junie daardie jaar het ek my konsultasie by die biologiese tandarts in Bedfordshire, Engeland, gehad. Hulle het ’n kwikdamptoets gedoen en tydens die cavitat-skandering (sonarskandering van die kakebeen) het hulle vyf probleemareas opgespoor. (Die kavitasies van vier verstandtande wat tien jaar gelede getrek is en een tand wat die vorige jaar getrek is.) En net daar is die giftige bron van my probleme blootgelê! Dit was anaërobiese bakterieë wat my immuunstelsel chronies aangeval het – dit het Johan se oorspronklike diagnose bevestig. Dit was ’n groot verligting, selfs net om dit te weet.

Geswelde knieë voor behandeling

Die siekte het sy tol geëis
In daardie stadium was ek baie siek. Die meeste van my gewrigte was so geswel dat ek nie my arms kon oplig, trappe kon klim of van ’n sittende posisie kon opstaan sonder ondersteuning om die druk op my gewrigte te verlig nie. Ek kon nie kaalvoet loop nie, want dit was soos om op glas te trap. Ek moes spesiale geheuesponsskoene koop. Ek het ook geweldige moegheid ervaar. As gevolg van die ontsteking was die suurstofvlakke in my bloed baie laag; daarom het ek tot 18 uur per dag ge-slaap sonder dat dit my energievlakke enigsins verbeter het.

Positiewe resultate
Die datum vir my behandeling was geskeduleer vir die middel van Augustus. Intussen het ek die ontgiftingsplan gevolg en vooraf aanvullings geneem, soos deur die biologiese tandarts aanbeveel is. Tydens die behandeling/operasie en tot twee dae daarna het ek binne-aarse vitamien C ontvang om my immuunstelsel te versterk.
Die oggend ná my behandeling het ek wakker geword, slaperig uit die bed geklim en kaalvoet badkamer toe geloop! O, die vreugde daarvan! Slegs ’n paar uur ná my operasie het my liggaam reeds positief begin reageer.

BO: Die behandelingspan, dr. Greame Munro-Hall en sy vrou, saam met my en Pieter

Die Here is getrou
Ek het net van krag tot krag gegaan. Ek het nou gesonde eetgewoontes, drink baie water en oefen. Ek draf ’n paar keer per week
3 km. Ons is geseënd om vir ’n seisoen terug in Suid-Afrika te wees en ek dank die Here vir Sy leiding tydens hierdie reis tot genesing. Hy is getrou! Groot dank ook aan Johan van Go Natural vir sy leiding en medelye. Ek is geseën om ’n seën te wees!

‘Om GESOND te leef is nou makliker as ooit. Koop al jou gesondheidsprodukte AANLYN by Go Natural!’
021 852 2744 | info@gonatural.co.za | www.gonatural.co.za

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


9 November 2020

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)